I’m passionate about following God and helping people reach their destiny.
‘N VERHARDE HART MAAK DAT ONS NIE VERSTAAN EN BEGRYP NIE
Jesus het twee keer ‘n paar broodjies en vissies vermeerder - Markus 8:10-21. Nadat Hy vir die Vader dankie gesê het was daar genoeg kos vir duisende mense. Jesus en Sy dissipels was op ‘n boot toe Hy hulle waarsku teen die suurdeeg van die Fariseërs en die suurdeeg van Herodes. Die dissipels het dadelik gedink dat hulle net een fisiese brood by hulle het en dat dit nie genoeg is vir hulle almal nie. Die dissipels se verharde harte het gekeer dat hulle die geestelike implikasie van Jesus se woorde raaksien. Jesus het hulle gewaarsku teen die voorgee, geveinsheid en valsheid van die Fariseërs en Herodes.
OMRING JOUSELF MET GELOWIGES
Wanneer Jesus vir genesing gebid het, het Hy die ongelowiges weggestuur. Jesus het net sekere dissipels gekies om saam met Hom te gaan. Maak seker dat jy jouself omring met gelowiges wanneer jy vir genesing of ‘n wonderwerk bid.
“En Hy het niemand toegelaat om saam met Hom te gaan nie, behalwe Petrus en Jakobus en Johannes, die broer van Jakobus. En Hy kom in die huis van die owerste van die sinagoge en sien 'n rumoer: mense wat baie ween en huil. En toe Hy binnegaan, sê Hy vir hulle: Waarom gaan julle so te kere en ween julle? Die kind is nie dood nie, maar slaap. En hulle het Hom uitgelag. Maar Hy het almal uitgedryf en die vader van die kind saamgeneem en die moeder en die wat by Hom was, en ingegaan waar die kind lê. Toe gryp Hy die hand van die kind en sê vir haar: Talíta, koemi! wat, as dit vertaal word, beteken: Dogtertjie, Ek sê vir jou, staan op! En die dogtertjie het dadelik opgestaan en begin rondloop, want sy was twaalf jaar oud. En hulle was uitermate verbaas.”
JESUS KON NIE VERBORGE BLY NIE
Jesus het dikwels vir Sy volgelinge gevra om nie aan ander te vertel van die wonderwerke wat Hy gedoen het nie. Jesus moes Homself beskerm sodat Hy op God se tydlyn gekruisig word. Dikwels het Hy na ander areas gegaan, maar “Hy kon nie verborge bly nie.” Hoe meer Jesus gevra het dat mense stilbly hoe meer is die Woord versprei.
As jy ‘n kind van God is, weet dat Jesus vir jou gesterf het en Heilige Gees altyd met jou is, kan jy nie stilbly nie. ‘n Lamp kan nie onder ‘n maatemmer verberg word nie. ‘n Klein mosterdsaad word ‘n groot boom. ‘n Klein bietjie suurdeeg word in meel gemeng en maak dat ‘n brood rys. God se koninkryk sal groei, want Jesus (binne jou) kan nie verborge bly nie.
THE DAYS OF NOAH
Genesis 6:9 NKJV
This is the genealogy of Noah. Noah was a just man, perfect in his generations. Noah walked with God.
Jesus said His return will be similar to the days of Noah. People will be busy with their own lives and pay no attention to their spiritual lives. Noah was the only righteous person and therefore he and his immediate family was saved from the flood. We know giants (nephilim/hybrids/men of renown/mighty ones) were on earth in those days. They were the offspring of fallen angels/watchers and women. The earth was full of wickedness, evil and violence. Even the animals were compromised; suddenly there were clean and unclean animals. Noah was possibly the only one still pure in his genetics and he walked with God.
NET ‘N STOK, SKOENE EN EEN MANTEL
Jesus het Sy 12 dissipels uitgestuur in groepe van 2. Hy het vir hulle krag gegee oor onrein geeste. Hulle moes slegs ‘n stok, sandale en 1 stel klere (1 mantel) by hulle hê. ‘n Stok bied ondersteuning en beskerming en is ‘n aanduiding van God se teenwoordigheid. Sandale is simbolies van voete wat gereed is om God se Woord te versprei. Selfs al was die Heilige Gees nog nie uitgestort nie het die 12 die mantel ontvang om krag te hê oor onrein geeste. Hulle moes hulle nie bekommer oor geld en kos nie. As iemand nie wou luister na hulle boodskap nie moes hulle aanbeweeg na ‘n volgende plek.
VAN GIDEON TOT JERUBBAÄL
Gideon: STRONG’S H1439 - Vegter
Jeubbaäl: STRONG’S H3378 - Stry met Baäl
Ons ken Gideon as die seun van Joas wat koring gedors het in die druiwe parskuip omdat hy bang was. Die Engel (moontlik Jesus) het daar aan hom verskyn, hom ‘n dapper held genoem en hom opdrag gegee om die Midianiete te verslaan. Die Engel het ook vir Gideon opdrag gegee om die altaar van Baäl en die heilige boomstam te vernietig. Hy het die altaar en boomstam in die nag vernietig omdat hy bang was vir sy familie en die manne van die stad. Gideon was bang, maar steeds gehoorsaam. God was met Gideon en daarom was hy suksesvol. Joas het hierna vir Gideon ‘n nuwe naam gegee - Jerubbaäl. Die Bybel verwys 14 keer na hierdie nuwe naam - Rigters 6-9, 1 Samuel 12:11.
IS DIE BRUID GEREED?
Ons dogter het Woensdag, 24 September, getrou met ‘n pragtige Jesus man. Tong in die kies het ek haar gewaarsku dat ons dalk nie daar sal wees nie, want ons sal dalk ‘n ander (ons hemelse) huwelik bywoon. Toe hulle op ‘n datum besluit het, het hulle nie besef dit val op Rosh Hashanah (Joodse Nuwejaar) nie. Elke bruilof op aarde is ‘n “dress rehearsal” vir die bruilofsmaal van die Lam.
HERODES
Strong’s G2264 - heldhaftig (“heroic”) dit is afgelei van die stamwoord held (“hero”).
Dit is nie altyd baie duidelik in die Bybel na watter Herodes die skrywers verwys nie. Navorsers gebruik ou geskrewe boekrolle om vir ons meer te leer. Ander bronne se datums mag dalk verskil van die Thayer Lexicon, maar dit gee vir ons ‘n beter idee oor wat gebeur het in daardie tyd.
Thayer Lexicon:
- Die Herodes familie was die koninklikes in die tyd van Jesus en die apostels. Herodes die Grote het koning geword in 37 v.C. Hy het guns gevind by die Romeine en baie gehou van die Romeinse leefstyl. Hy het die Hasmoneër koninklikes vermoor. Hy was so wreed dat hy selfs sy Hasmoneër vrou en 2 seuns dood laat maak het. Dit was die einde van die Griekse beheer en die begin van die Romeinse beheer oor die Jode. Herodes se ouers was van Iduméa (Edom [rooi] - Esau se nageslag het daar gewoon). Herodes die Grote het die tweede tempel baie vergroot. Jesus en Johannes is aan die einde van sy koningskap gebore. Herodes die Grote wou al die seuntjies onder 2 vermoor.
GESAG OOR ONREIN GEESTE
“En almal was verbaas, sodat hulle onder mekaar vra en sê: Wat is dit? Watter nuwe leer is dit, dat Hy met gesag ook aan die onreine geeste bevel gee en hulle Hom gehoorsaam is?”
MARKUS 1:27 AFR53
Die mense was verbaas dat Jesus soveel outoriteit gehad het. Hulle het gedink dat dit ‘n nuwe lering is wat aan Jesus gesag oor onrein geeste gegee het.
Hoe het Jesus Sy gesag gekry?
- Die Vader het Sy krag, in die vorm van Heilige Gees, oor Jesus laat neerdaal. Jesus het Sy lewe oorgegee om deur die Gees gelei te word.