2 THESSALONICENSE
Janine Forsyth
- 4 minutes read - 652 wordsSkriflesing: 2 Thessalonicense 1-3
In die tweede brief aan die gemeente van Thessalonicense word hulle geprys omdat
- hulle geloof toeneem,
- hulle wederkerige liefde meer word en
- hulle volhard in die geloof terwyl hulle vervolg en verdruk word.
“ONS moet God altyd oor julle dank, broeders, soos dit billik is, omdat julle geloof grootliks toeneem en die wederkerige liefde van elkeen van julle almal groter word, sodat ons self in die gemeentes van God oor julle roem vanweë jul volharding en geloof onder al julle vervolginge en die verdrukkinge wat julle verduur — 'n teken van die regverdige oordeel van God, dat julle die koninkryk van God waardig geag mag word, waarvoor julle ook ly; aangesien dit reg is by God om aan die wat julle verdruk, verdrukking te vergelde, en aan julle wat verdruk word, verligting te gee saam met ons in die openbaring van die Here Jesus uit die hemel met sy magtige engele”
II THESSALONICENSE 1:3-7 AFR53
Daar word ‘n duidelike onderskeid gemaak tussen gelowiges en ongelowiges. God sal wraak uitoefen op diegene wat kies om Hom nie te ken nie.
“Hulle sal as straf ondergaan 'n ewige verderf, weg van die aangesig van die Here en van die heerlikheid van sy sterkte, wanneer Hy kom om verheerlik te word in sy heiliges en bewonder te word in almal wat glo, in daardie dag; want ons getuienis het by julle geloof gevind.”
II THESSALONICENSE 1:9-10 AFR53
“en dat ons verlos mag word van die verkeerde en slegte mense, want die geloof is nie die deel van almal nie.”
II THESSALONICENSE 3:2 AFR53
Christene:
- Neem Jesus, “die liefde tot die waarheid”, aan.
- Hulle ken God.
- Hulle is gehoorsaam.
- Hulle staan vas en hou by die voorskrifte van die Woord.
“in vuur en vlam, wanneer Hy wraak uitoefen op die wat God nie ken nie en op die wat aan die evangelie van onse Here Jesus nie gehoorsaam is nie.”
II THESSALONICENSE 1:8 AFR53
“en met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan, omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie. Maar ons moet God altyd oor julle dank, broeders wat deur die Here bemin word, dat God julle van die begin af verkies het tot saligheid in heiligmaking van die Gees en geloof in die waarheid, waartoe Hy julle geroep het deur ons evangelie om die heerlikheid van onse Here Jesus Christus te verkry. So dan, broeders, staan vas en hou julle aan die voorskrifte wat julle geleer is òf deur 'n woord òf deur 'n brief van ons.”
II THESSALONICENSE 2:10, 13-15 AFR53
As daar ‘n broer/suster verkeerde dinge doen en ongehoorsaam is, moes hulle wegstap van die persoon. Hopelik sou die isolasie die persoon tot inkeer bring. Baie sal vandag sê ignoreer dit; of dit is nie liefde om weg te stap nie.
“Ons beveel julle, broeders, in die Naam van onse Here Jesus Christus, dat julle jul onttrek aan elke broeder wat onordelik wandel en nie volgens die oorlewering wat hy van ons ontvang het nie.
En as iemand aan ons woord in hierdie brief nie gehoorsaam is nie, teken dié man en hou geen gemeenskap met hom nie, sodat hy skaam kan word. En beskou hom nie as 'n vyand nie, maar vermaan hom as 'n broeder.”
II THESSALONICENSE 3:6, 14-15 AFR53
Christene is verteenwoordigers van Jesus hier op aarde; mag Hy altyd verheerlik word deur ons dade.
“Daarom bid ons ook altyd vir julle dat onse God julle die roeping waardig mag ag, en dat Hy alle welgevalle aan wat goed is, en alle werk van die geloof met krag volkome mag maak, sodat die Naam van onse Here Jesus Christus in julle verheerlik kan word en julle in Hom, ooreenkomstig die genade van onse God en die Here Jesus Christus.”
II THESSALONICENSE 1:11-12 AFR53