ANANÍAS
Janine Forsyth
- 3 minutes read - 460 wordsAnanías: Strong’s G367 - God is genadig.
Ons vind 3 mans met die naam Ananías in die Bybel.
1. ANANÍAS EN SAFFÍRA - Handelinge 5:1-16.
Toe Ananías en Saffíra ‘n stuk grond verkoop het, het hulle ‘n deel van die geld teruggehou. Hulle het voorgegee dat hulle die volle bedrag aan die gemeente gee. Dit was hulle geld en kon doen net wat hulle wou. Petrus het nie eers vir ‘n tiende gevra nie. Hulle motief was om goed te lyk voor mense. Hulle het vir God gelieg en gevolglik gesterf. Selfs die positiewe betekenis van Ananías kon hom nie red nie.
“Toe sê Petrus: Ananías, waarom het die Satan jou hart vervul om vir die Heilige Gees te lieg en van die prys van die grond agter te hou? As dit nie verkoop was nie, het dit nie joue gebly nie? En toe dit verkoop is, was dit nie in jou mag nie? Waarom is dit dat jy hierdie saak in jou hart voorgeneem het? Jy het nie vir mense gelieg nie, maar vir God.”
HANDELINGE 5:3-4 AFR53
2. ANANÍAS VAN DAMASKUS - Handelinge 9:1-19, 22:12-16.
Ananías was ‘n gehoorsame dissipel van God. God het Ananías gestuur om sy hande op Saulus van Tarsus (Paulus) te lê sodat hy weer kon sien. Saulus is gedoop en het die Heilige Gees ontvang.
“En daar was 'n dissipel in Damaskus met die naam van Ananías; en die Here het vir hom in 'n gesig gesê: Ananías! En hy antwoord: Hier is ek, Here.
En Ananías het gegaan en in die huis gekom en hom die hande opgelê en gesê: Saul, broeder, die Here het my gestuur, naamlik Jesus wat aan jou verskyn het op die pad waarmee jy gekom het, sodat jy weer kan sien en met die Heilige Gees vervul word.”
HANDELINGE 9:10, 17 AFR53
3. ANANÍAS DIE HOËPRIESTER - Handelinge 23, 24.
nanías het vir Paulus aangekla by die goewerneur. Paulus het lank ‘n gevangene gebly. Paulus se enigste oortreding was dat hy die opstanding van Jesus verkondig het.
“EN Paulus het die oë op die Raad gehou en gesê: Broeders, ek het met 'n volkome goeie gewete voor God gewandel tot op hierdie dag. Maar die hoëpriester Ananías het bevel gegee aan die wat by hom staan, om hom op die mond te slaan. Toe sê Paulus vir hom: God sal u slaan, gewitte muur! U sit tog om my volgens die wet te oordeel, en beveel u in stryd met die wet dat ek geslaan moet word?”
HANDELINGE 23:1-3 AFR53
“EN vyf dae daarna het die hoëpriester Ananías met die ouderlinge en 'n sekere advokaat Tertúllus afgekom en Paulus by die goewerneur aangeklaag.”
HANDELINGE 24:1 AFR53