A NEW BEGINNING WITH PASSOVER
- 3 minutes read - 550 wordsPASGA EN ‘N NUWE BEGIN
Lees Exodus 12.
Die laaste en tiende plaag was die dood van die eersgeborenes. God het opdrag gegee dat Abib/ Aviv/ Nisan die eerste maand van die jaar moes word en die Israeliete het die eerste Pasga gevier. Hulle moes die bloed van ‘n vlekkelose lam op hul deurposte verf sodat die doodsengel kon verbygaan (passover). Die bene van die lam mag nie gebreek word nie.
Die Israeliete moes haastig ongesuurde brood, gebraaide lam en bitter kruie eet. Die Jode eet vandag steeds ‘n Pasga maaltyd. Vir die 7 dae van die Pasga mag hulle nie suurdeeg geëet het nie. As daar enige suurdeeg gevind sou word moes die mense sterf.
Jesus was die Lam wat gebore is in ‘n stal. Hy was sonder sonde en vlekkeloos voor Pilatus. Ons liefdevolle Vader het Sy Eersgeborene gegee sodat ons nie hoef te sterf nie. Die Lam se bloed beskerm ons vandag steeds van die ewige dood. Sy bene is nie gebreek nie. Suurdeeg verteenwoordig sonde en vir die 7000 jaar van die aarde se bestaan kan Christene vergifnis ontvang om sondeloos te lewe.
“Die volgende dag sien Johannes Jesus na hom toe kom, en hy sê: Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!”
JOHANNES 1:29 AFR53
Die Israeliete kon ‘n nuwe begin maak na 430 jaar in Egipte. Na Jesus se opstanding en die uitstorting van die Heilige Gees het die dissipels vol outoriteit ‘n nuwe begin gemaak. Jesus lewe en ons word elke Paasfees herinner aan ons nuwe begin. Jy het elke dag die geleentheid om ‘n nuwe begin te maak.
PASSOVER AND NEW BEGINNINGS
Read Exodus 12.
The tenth and last plague was the death of the firstborn. God made Aviv/Abib/Nisan the first month of the year and the first Passover was celebrated. The Israelites had to take the blood of a spotless lamb and paint it on their doorposts in order for the angel of death to passover their houses. The bones of the lamb were not to be broken. The Israelites had to eat roasted lamb, unleavened bread and bitter herbs in a hurry. Today the Jews still eat a special Passover meal. For the 7 days of Passover they weren’t allowed any leaven in their households. If any leaven was found the people had to die.
Jesus became the Passover Lamb that was born in a stable. He was found spotless and guiltless by Pilate. Our loving Father gave His Firstborn and therefore we can have eternal life. The Lamb’s blood still protects us from eternal death. Jesus’ bones weren’t broken. Leaven was symbolic of sin and for the 7000 years of the earth’s existence Christians can receive forgiveness to live free of sin.
John 1:29 MEV
The next day John saw Jesus coming toward him and said, "Look, the Lamb of God, who takes away the sin of the world.
The Israelites had the oppurtunity for a new beginning after 430 years in Egypt. After Jesus’ death, resurrection and the pouring out of Holy Spirit, the disciples made a new beginning. They were full of authority and signs and wonders followed. Jesus is alive and every Passover we are reminded of our new beginning. Every day is an oppurtunity to make a fresh start.