ANOINTING/ SALWING
- 5 minutes read - 914 wordsANOINTING
In the Old Testament the priests had to go through a whole process of anointing with oil, sacrifice and cleansing to be anointed in order to enter the tabernacle and God’s presence - Exodus 29.
Priests had to anoint new kings by pouring oil over them. Samuel had to fill a horn with oil and pour it over Saul and later David’s head. The Spirit came over Saul and He was a different person. David had the Spirit of God on him from the day that he was anointed.
1 Samuel 10:1,6 MEV
Then Samuel took a vial of oil and poured it upon his head. And he kissed him and said, "Has not the LORD anointed you over His inheritance as ruler?
[6] And the Spirit of the LORD will come upon you, and you will prophesy with them. And you will be turned into another man.
1 Samuel 16:13 MEV
Then Samuel took the horn of oil, and anointed him in the midst of his brothers. And the Spirit of the LORD came on David from that day forward. So Samuel arose and went to Ramah.
Isaiah prophesied that Jesus, the Anointed One, will come to set the captives free - Isaiah 61:1-3. Jesus was was filled with the Holy Spirit when John baptised Him. After He overcame temptation in the desert He preached the gospel and Isaiah’s prophecy was fulfilled.
Luke 4:17-21 MEV
The scroll of the prophet Isaiah was handed to Him. When He had unrolled the scroll, He found the place where it was written: [18] "The Spirit of the Lord is upon Me, because He has anointed Me to preach the gospel to the poor; He has sent Me to heal the broken-hearted, to preach deliverance to the captives and recovery of sight to the blind, to set at liberty those who are oppressed; [19] to preach the acceptable year of the Lord." [20] Then He rolled up the scroll, and He gave it back to the attendant, and sat down. The eyes of all those who were in the synagogue were fixed on Him. [21] And He began to say to them, "Today this Scripture is fulfilled in your hearing."
Jesus had to be anointed to do His Father’s will therefore we also need to be anointed. We don’t need a physical process of anointing like the priests and kings in the Old Testament. Anointing comes from the Holy Spirit and can’t be bought or fabricated. By spending time in the secret place we will receive our anointing from Holy Spirit. It’s not a physical process; it will come through your spirit that connects to God’s Spirit.
SALWING
In die Ou Testament moes priesters deur ‘n proses van oliesalwing, slagoffers en was rituele gaan om salwing te ontvang - Eksodus 29. Daarsonder kon hulle nie hulle werk as priesters verrig nie. Die priesters moes later die konings salf voordat hulle die posisie as koning kon inneem. Samuel moes ‘n horing vul en oor Saul en later oor Dawid se kop uitgiet. Die Gees het oor Saul gekom en hy het in ‘n ander mens verander. Dawid het die Gees van God by hom gehad van die dag van sy salwing.
“EN Samuel het die kruik met olie geneem en dit op sy hoof uitgegiet en hom gesoen en gesê: Het die Here jou nie gesalf as vors oor sy erfdeel nie?
En die Gees van die Here sal oor jou vaardig word, sodat jy saam met hulle sal profeteer en in 'n ander mens verander word.”
I SAMUEL 10:1, 6 AFR53
“Samuel neem toe die horing met olie en salf hom te midde van sy broers, en die Gees van die Here het van dié dag af en verder oor Dawid vaardig geword. En Samuel het klaargemaak en na Rama gegaan.”
I SAMUEL 16:13 AFR53
Jesaja het profeteer dat Jesus, die Gesalfde, sal kom om gevangenes vry te stel - Jesaja 61:1-3. Jesus het die Heilige Gees ontvang toe Johannes Hom gedoop het in die Jordaan. Nadat Hy satan se versoeking weerstaan het in die woestyn kon Hy preek en Jesaja se profesie is vervul.
“En die boek van die profeet Jesaja is aan Hom oorhandig; en toe Hy die boek oopmaak, kry Hy die plek waar geskrywe is: Die Gees van die Here is op My, omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan die armes te bring. Hy het My gestuur om die wat verbryseld van hart is, te genees; om aan gevangenes vrylating te verkondig en aan blindes herstel van gesig; om die wat gebroke is, in vryheid weg te stuur; om die aangename jaar van die Here aan te kondig. En nadat Hy die boek toegemaak en aan die dienaar teruggegee het, gaan Hy sit, en die oë van almal in die sinagoge was op Hom gevestig. Toe begin Hy vir hulle te sê: Vandag is hierdie Skrif in julle ore vervul.”
LUKAS 4:17-21 AFR53
Jesus het salwing nodig gehad om Sy Vader se wil te doen. Ons benodig ook salwing. Ons benodig nie ‘n fisiese proses van salwing soos die priesters en konings van die Ou Testament nie. Die salwing kom van die Heilige Gees en is nie iets wat ons kan koop of opmaak nie. Deur stil te raak in God se teenwoordigheid sal ons Heilige Gees salwing ontvang. Dit is nie ‘n fisiese proses nie; dit sal kom soos jou gees met God se Gees in kontak kom.