BESTRAF DIE DUIWEL
Janine Forsyth
- 8 minutes read - 1545 words“en hou nie gemeenskap met die onvrugbare werke van die duisternis nie, maar bestraf dit liewer.”
EFÉSIËRS 5:11 AFR53
Jesus het die duiwel bestraf toe hy siekes genees het - Markus 1:25. Jesus het die wind bestraf toe hy die storm gestop het - Markus 4:39. Jesus het egter die duiwel bestraf toe Petrus die duiwel toegelaat het om deur hom te werk. Petrus was reeds ‘n volgeling van Jesus, maar het nog nie Heilige Gees ontvang nie. Dit beklemtoon net hoe belangrik dit is om Heilige Gees beheer oor jou lewe te gee. Alles word makliker met Heilige Gees. Die mens se lus om sonde te doen verdwyn en jy kan vrede ervaar in moeilike omstandighede. Die duiwel werk deur mense, nasies en selfs deur Christene. Satan kom as ‘n engel van die lig en baie sal mislei word. Ons benodig Heilige Gees sodat ons nie mislei word deur vals leeringe en groepdruk nie. Bestraf die duiwel en moenie deelneem aan sy werke nie.
“Van toe af het Jesus begin om sy dissipels te toon dat Hy na Jerusalem moes gaan en veel van die ouderlinge en owerpriesters en skrifgeleerdes moes ly, en gedood en op die derde dag opgewek word. Toe neem Petrus Hom opsy en begin Hom bestraf en sê: Mag God dit verhoed, Here, dit sal U nooit oorkom nie! Maar Hy het omgedraai en vir Petrus gesê: Gaan weg agter My, Satan! Jy is vir My 'n struikelblok, omdat jy nie die dinge van God bedink nie, maar die dinge van die mense.”
MATTHÉÜS 16:21-23 AFR53
MEER VOORBEELDE WAAR GOD VIR SATAN BESTRAF:
Obádja se profesie teen Edom was ook aan die duiwel gerig.
“Die vermetelheid van jou hart het jou bedrieg, o jy wat woon in die rotsklowe, op hoë plekke bly, en in jou hart sê: Wie sal my op die aarde neerwerp? Al woon jy so hoog soos die arend en al was jou nes tussen die sterre gestel — daarvandaan sal Ek jou neerwerp, spreek die Here.”
OBÁDJA 1:3-4 AFR53
Jesaja het die koning van Babel en die duiwel bestraf.
“En op die dag as die Here jou rus gee van jou smart en van jou onrus en van die harde diensbaarheid waarmee hulle jou laat dien het, dan sal jy hierdie spotlied aanhef oor die koning van Babel en sê: Hoe het die drywer nou opgehou, opgehou die verdrukking! Die Here het die stok van die goddelose verbreek, die staf van die heersers, wat die volke verwoes het in grimmigheid met slaan sonder ophou, wat in toorn oor die nasies geheers het met 'n agtervolging sonder verskoning. Die hele aarde rus, is stil; hulle breek uit in jubel. Ook is die sipresse bly oor jou, die seders van die Líbanon, en hulle sê: Vandat jy daar lê, klim niemand na ons toe op om ons af te kap nie. Die doderyk daaronder is in beroering om jou ontwil, jou koms tegemoet; dit wek om jou ontwil die skimme op, al die bokke van die aarde; dit laat al die konings van die nasies van hulle trone opstaan. Hulle hef almal aan en sê vir jou: Ook jy het kragteloos geword soos ons; jy het soos ons geword. Jou trots is neergewerp in die doderyk, die geruis van jou harpe; onder jou is wurms as 'n bed gesprei, en maaiers is jou bedekking. Hoe het jy uit die hemel geval, o môrester, seun van die dageraad! Hoe lê jy teen die aarde neergeslaan, oorweldiger van die nasies! En jý het in jou hart gesê: Ek wil opklim in die hemel, my troon verhef bo die sterre van God en sit op die berg van samekoms in die uithoeke van die Noorde. Ek wil klim bo die hoogtes van die wolke, my gelykstel met die Allerhoogste! Ja, in die doderyk sal jy neergewerp word, in die diepste plekke van die kuil! Die wat jou sien, beskou jou, hulle let op jou en sê: Is dit die man wat die aarde laat sidder het, koninkryke laat beef het? Die wêreld soos 'n woestyn gemaak en sy stede verwoes het, wat sy gevangenes nie losgelaat het huis toe nie? Al die konings van die nasies, hulle almal rus met eer, elkeen in sy huis; maar jý is gewerp, ver van jou graf, soos 'n afskuwelike uitspruitsel, oordek met die wat verslaan is, wat deurboor is met die swaard, wat neerdaal na die klippe van die grafkuil soos vertrapte aas. Jy word nie met hulle in die graf verenig nie, want jy het jou land verwoes, jou volk gedood; die nageslag van die kwaaddoeners word vir ewig nie genoem nie. Maak 'n slagbank gereed vir sy seuns, om die ongeregtigheid van hulle vaders ontwil, dat hulle nie opstaan en die aarde in besit neem en die bodem van die wêreld vol stede maak nie. So sal Ek dan teen hulle opstaan, spreek die Here van die leërskare, en van Babel uitroei die naam en die oorblyfsel, kroos en nageslag, spreek die Here. En Ek sal dit 'n besitting maak van krimpvarkies en tot waterplasse; en Ek sal dit wegvee met die besem van verdelging, spreek die Here van die leërskare.”
JESAJA 14:3-23 AFR53
Eségiël het die vors van Tirus bestraf maar ook die duiwel wat deur die vors gewerk het.
“Mensekind, sê aan die vors van Tirus: So spreek die Here Here: Omdat jou hart hoogmoedig was en jy gesê het: Ek is 'n god, ek bewoon 'n godewoning in die hart van die seë — terwyl jy tog 'n mens is en geen god nie — en jou hart gemaak het soos die hart van 'n god; kyk, jy is wyser as Daniël, alles wat verborge is, is vir jou nie te duister nie! Deur jou wysheid en deur jou verstand het jy vir jou rykdom verkry, ja, jy het goud en silwer in jou skatkamers verwerf; deur die grootheid van jou wysheid in jou koophandel het jy jou rykdom vermeerder, en jou hart het hoogmoedig geword deur jou rykdom; daarom, so sê die Here Here: Omdat jy jou hart gemaak het soos die hart van 'n god, daarom, kyk, Ek bring vreemdes oor jou, die geweldigste nasies, en hulle sal hul swaarde trek teen die skoonheid wat jou wysheid verwerf het, en jou glans ontheilig. In die kuil sal hulle jou laat neerdaal, en jy sal in die hart van die seë die bittere dood sterwe van een wat verslaan is. Sal jy werklik sê, in die aangesig van hom wat jou doodmaak: Ek is 'n god! — terwyl jy tog 'n mens is in die hand van hulle wat jou deurboor, en geen god nie? Jy sal die dood van onbesnedenes sterwe, deur die hand van vreemdes; want Ek het dit gesê, spreek die Here Here. Verder het die woord van die Here tot my gekom en gesê: Mensekind, hef 'n klaaglied aan oor die koning van Tirus, en sê vir hom: So spreek die Here Here: Jy was die seëlring van eweredigheid, vol wysheid en volmaak in skoonheid. Jy was in Eden, die tuin van God; allerhande edelgesteentes was jou bedekking: karneool, topaas en jaspis, chrisoliet, oniks, sardoniks, saffier, karbonkel en smarag; en van goud was die werk van jou kassies en groewe aan jou; op die dag toe jy geskape is, is hulle berei. Jy was 'n gérub met uitgespreide vlerke wat beskut, en Ek het jou gestel op 'n heilige berg; 'n god was jy; jy het gewandel tussen vurige gesteentes. Jy was volkome in jou weë van die dag af dat jy geskape is, totdat daar ongeregtigheid in jou gevind is. Weens die grootheid van jou koophandel het hulle jou binneste met geweld gevul, en jy het gesondig; daarom het Ek jou as onheilige van die godeberg afgedrywe, en Ek het jou tussen die vurige gesteentes uit vernietig, o gérub wat beskut! Hoogmoedig het jou hart geword oor jou skoonheid; jy het jou wysheid verderwe weens jou glans. Ek het jou op die grond gewerp, Ek het jou oorgegee voor die aangesig van konings, dat hulle op jou neer kan sien. Weens die menigte van jou ongeregtighede, deur die onreg van jou koophandel, het jy jou heiligdomme ontheilig; daarom het Ek 'n vuur uit jou binneste laat uitgaan; dit het jou verteer, en Ek het jou tot as gemaak op die aarde voor die oë van almal wat jou gesien het. Al jou bekendes onder die volke is ontsteld oor jou; jy het 'n verskrikking geword en sal daar nie meer wees tot in ewigheid nie.”
ESÉGIËL 28:2-19 AFR53
Toe die duiwel vir Josua wou beskuldig het die Here hom bestraf.
“Toe sê die Here aan die Satan: Mag die Here jou bestraf, o Satan! Ja, mag die Here, wat Jerusalem verkies het, jou bestraf! Is hierdie een nie 'n brandhout wat uit die vuur geruk is nie? En Josua was bekleed met vuil klere, terwyl hy voor die Engel staan. Daarop het Hy aangehef en gesê aan die wat voor Hom staan: Neem die vuil klere van hom weg. Toe sê Hy vir hom: Kyk, Ek het jou skuld van jou weggeneem, en Ek beklee jou met feesklere.”
SAGARÍA 3:2-4 AFR53