Bly Hoopvol
- 2 minutes read - 221 wordsPlaas jou hoop in Jesus, Hy het ‘n oplossing vir elke probleem.
“En nie alleen dit nie, maar ons roem ook in die verdrukkinge, omdat ons weet dat die verdrukking lydsaamheid werk, en die lydsaamheid beproefdheid en die beproefdheid hoop; en die hoop beskaam nie, omdat die liefde van God in ons harte uitgestort is deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is.”
ROMEINE 5:3-5 AFR53
“verbly julle in die hoop; wees geduldig in die verdrukking; volhard in die gebed.”
ROMEINE 12:12 AFR53
“En mag die God van die hoop julle vervul met alle blydskap en vrede deur die geloof, dat julle oorvloedig kan wees in die hoop deur die krag van die Heilige Gees!”
ROMEINE 15:13 AFR53
“En nou bly geloof, hoop, liefde — hierdie drie; maar die grootste hiervan is die liefde.”
I KORINTHIËRS 13:13 AFR53
“verligte oë van julle verstand, sodat julle kan weet wat die hoop van sy roeping en wat die rykdom van die heerlikheid van sy erfdeel onder die heiliges is;”
EFÉSIËRS 1:18 AFR53
“aan wie God wou bekend maak wat die rykdom van die heerlikheid van hierdie verborgenheid onder die heidene is, dit is Christus onder julle, die hoop van die heerlikheid.”
KOLOSSENSE 1:27 AFR53
“En elkeen wat hierdie hoop op Hom het, reinig homself soos Hy rein is.”
I JOHANNES 3:3 AFR53