BROOD VAN DIE LEWE/BREAD OF LIFE
- 10 minutes read - 2017 wordsJESUS DIE BROOD VAN DIE LEWE
Johannes 6:22-59
Sommige mense het Jesus net gevolg vir die fisiese kos wat Hy verskaf het. So vreemd soos dit mag klink gebeur dit steeds dat mense na geestelike byeenkomste sal gaan vir die fisiese kos.
“Jesus antwoord hulle en sê: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, julle soek My nie omdat julle tekens gesien het nie, maar omdat julle van die brode geëet en versadig geword het. Moenie werk om die spys wat vergaan nie, maar om die spys wat bly tot in die ewige lewe, wat die Seun van die mens julle sal gee; want Hom het God, die Vader, verseël.”
JOHANNES 6:26-27 AFR53
TPT (The Passion Translation) verskil van ander Bybels en sê die mense het Jesus gevolg vir die wonderwerke en nie omdat hulle in Hom geglo het nie. Ons geloof in Jesus voed ons geestelike lewe. Ons moet glo al sien ons Hom nie.
John 6:26 TPT
Jesus replied, “Let me make this very clear, you came looking for me because I fed you by a miracle, not because you believe in me.
Jesus het dit duidelik gemaak dat ons nie moet werk vir tydelike, fisiese kos nie, maar vir ewige, geestelike kos. Die ewige kos vind ons net in Jesus. Jesaja het dit reeds baie vroeër profeteer.
“o ALMAL wat dors het, kom na die waters; en wie geen geld het nie, kom, koop en eet; ja, kom, koop sonder geld en sonder prys, wyn en melk! Waarom weeg julle geld af vir wat geen brood is nie, en julle arbeid vir wat nie kan versadig nie? Luister aandagtig na My en eet die goeie, en laat julle siel hom in vettigheid verlustig. Neig julle oor en kom na My toe, luister, en julle siel sal lewe; Ek wil met julle 'n ewige verbond sluit: die bestendige genadebewyse van Dawid.”
JESAJA 55:1-3 AFR53
“Toe vra hulle Hom: Wat moet ons doen om die werke van God te volbring? Jesus antwoord en sê vir hulle: Dít is die werk van God, dat julle in Hom glo wat Hy gestuur het.”
JOHANNES 6:28-29 AFR53
Manna het uit die Hemel geval om die Israeliete te voed. Daar moes gedurig nuwe manna val en die Israeliete moes daagliks daarvan eet. Die woord “manna” beteken “Wat is dit?” - Strong’s H4478,9 uit die stamwoord H4100 en Nave’s Topical Bible Reference System. Die manna was ‘n skaduwee van Jesus wat uit die Hemel sou kom. Die Israeliete het gevra: “Wat is dit?” en 2000 jaar later het die mense gevra:”Wie is Hy?” - Matthéüs 8:27.
Jesus is die Lewende Brood wat ons geestelik voed sodat ons nie weer honger raak nie.
“En Jesus sê vir hulle: Ek is die brood van die lewe; wie na My toe kom, sal nooit honger kry nie; en wie in My glo, sal nooit dors kry nie.”
JOHANNES 6:35 AFR53
Die Jode het nie geglo dat Jesus die Seun van God was en uit die Hemel gekom het nie. Hulle kon net raaksien dat Hy fisiese ouers Maria en Josef gehad het. Wanneer ons teen die fisiese vasstaar mis ons die geestelike.
“En dit is die wil van Hom wat My gestuur het, dat elkeen wat die Seun aanskou en in Hom glo, die ewige lewe mag hê; en Ek sal hom opwek in die laaste dag. Toe murmureer die Jode oor Hom, omdat Hy gesê het: Ek is die brood wat uit die hemel neergedaal het.”
JOHANNES 6:40-41 AFR53
“Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie; en Ek sal hom opwek in die laaste dag. Dit is geskrywe in die profete: En hulle sal almal deur God geleer wees. Elkeen dan wat dit van die Vader gehoor en geleer het, kom na My toe. Nie dat iemand die Vader gesien het nie, behalwe Hy wat van God kom: Hy het die Vader gesien. Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo, het die ewige lewe.”
JOHANNES 6:44-47 AFR53
Jesus profeteer dan dat Hy Sy brood of vlees sal gee om lewe aan die wêreld te gee. Die mens moet Jesus se vlees eet en Sy bloed drink. Dit het die Jode verder ontstel. As jy wil lewe moet jy Jesus deel van jou lewe maak. Dit is baie meer as Nagmaal gebruik; dit is ‘n lewensstyl. Jy moenie net van Hom weet nie; jy moet ‘n intieme verhouding met Hom hê. Jesus is in ons en ons in Hom. Ons moet permanent met Jesus gesels en tyd maak om in stilte by Hom te sit. Ons het saam met Hom gesterf en sit daarom saam met Hom in die Hemel. Ons moet daagliks on kruis optel en Hom volg. Ons leef omdat Jesus binne ons leef. Jy is nooit alleen nie, want die Heilige Gees is altyd by jou.
“En Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as julle nie die vlees van die Seun van die mens eet en sy bloed drink nie, het julle geen lewe in julleself nie. Hy wat my vlees eet en my bloed drink, het die ewige lewe, en Ek sal hom opwek in die laaste dag. Want my vlees is waarlik spys, en my bloed is waarlik drank. Wie my vlees eet en my bloed drink, bly in My en Ek in hom. Soos die lewende Vader My gestuur het, en Ek deur die Vader lewe, so sal hy wat My eet, ook deur My lewe. Dít is die brood wat uit die hemel neergedaal het — nie soos julle vaders die manna geëet en gesterwe het nie; wie hierdie brood eet, sal tot in ewigheid lewe.”
JOHANNES 6:53-58 AFR53
“Ek sal julle nie as wese agterlaat nie; Ek kom weer na julle toe. Nog 'n klein tydjie, en die wêreld sien My nie meer nie; maar julle sien My, omdat Ek lewe en julle sal lewe. In dié dag sal julle weet dat Ek in my Vader is, en julle in My, en Ek in julle.”
JOHANNES 14:18-20 AFR53
JESUS THE BREAD OF LIFE
John 6:22-59
Some people followed Jesus only for the free food they could get. Today some people still go to spiritual meetings for the free food they might get. TPT (The Passion Translation) stated that the people followed Jesus for the miracles and not because they believed in Him.
John 6:26-27 MEV
Jesus answered them, "Truly, truly I say to you, you seek Me not because you saw signs, but because you ate of the loaves and were filled. [27] Do not work for the food which perishes, but for that food which endures to eternal life, which the Son of Man will give you. For God the Father has set His seal on Him."
John 6:26-27 TPT
Jesus replied, “Let me make this very clear, you came looking for me because I fed you by a miracle, not because you believe in me. [27] Why would you strive for food that is perishable and not be passionate to seek the food of eternal life, which never spoils? I, the Son of Man, am ready to give you what matters most, for God the Father has destined me for this purpose.”
Jesus made it clear that we should work to get spiritual food. Spiritual food is only found in Jesus. Isaiah prophesied this much earlier.
Isaiah 55:1-3 MEV
Ho! Everyone who thirsts, come to the waters; and you who have no money, come, buy and eat. Come, buy wine and milk without money and without price. [2] Why do you spend money for that which is not bread, and your labor for that which does not satisfy? Listen diligently to Me, and eat what is good, and let your soul delight itself in abundance. [3] Incline your ear, and come to Me. Listen, so that your soul may live, and I will make an everlasting covenant with you, even the sure mercies of David.
Our faith in Jesus feeds our spiritual life. We must believe even if we don’t see Him.
John 6:28-29 TPT
They replied, “So what should we do if we want to do God’s work?” [29] Jesus answered, “The work you can do for God starts with believing in the One he has sent.”
Manna fell from Heaven to feed the Israelites. Fresh manna fell often and the people had to eat manna daily. The word “manna” means “What is it?” - Strong’s H4478,9 from the root word H4100 and Nave’s Topical Bible Reference System. The manna was a shadow of Jesus that came from Heaven. The Israelites asked: “What is it?” and 2000 years later the people asked: “Who is He?” - Matthew 8:27. Jesus, the Bread of Life, came from Heaven, to feed us in order that we won’t be hungry again.
John 6:35 MEV
Jesus said to them, "I am the bread of life. Whoever comes to Me shall never hunger, and whoever believes in Me shall never thirst.
The Jews didn’t believe that Jesus was the Son of God that came from Heaven. They could only see that He came from His physical parents Mary and Joseph. When we focus on the physical we will miss the spiritual.
John 6:40-41 MEV
This is the will of Him who sent Me, that everyone who sees the Son and believes in Him may have eternal life, and I will raise him up on the last day." [41] The Jews then murmured about Him, because He said, "I am the bread which came down from heaven."
John 6:44-47 MEV
No one can come to Me unless the Father who has sent Me draws him. And I will raise him up on the last day. [45] It is written in the Prophets, 'They shall all be taught by God.' Therefore everyone who has heard and has learned of the Father comes to Me. [46] Not that anyone has seen the Father, except He who is from God. He has seen the Father. [47] Truly, truly I say to you, whoever believes in Me has eternal life.
Jesus prophesied that He will give His flesh for the people. They had to eat His flesh and drink His blood. This really offended the Jews. If you want to live you must make Jesus part of your life. It’s more than just taking Communion every now and then; it’s a lifestyle. You can’t just know about Jesus; you must have an intimate relationship with Him. Jesus remains in you and you in Him. We must permanently talk to Jesus and get still and spend time with Him. We died with Jesus and are now seated in Heaven with Him. We must pick up our cross daily and follow Him. We live, because Jesus lives inside us. You are never alone, since Holy Spirit is always with you.
John 6:53-58 MEV
Jesus said to them, "Truly, truly I say to you, unless you eat the flesh of the Son of Man and drink His blood, you have no life in you. [54] Whoever eats My flesh and drinks My blood has eternal life. And I will raise him up on the last day. [55] For My flesh is food indeed, and My blood is drink indeed. [56] Whoever eats My flesh and drinks My blood remains in Me, and I in him. [57] As the living Father sent Me, and I live because of the Father, so whoever feeds on Me also will live because of Me. [58] This is the bread which came down from heaven, not as your fathers ate manna and died. He who eats this bread will live forever."
John 14:18-20 MEV
I will not leave you fatherless. I will come to you. [19] Yet a little while and the world will see Me no more. But you will see Me. Because I live, you will live also. [20] On that day you will know that I am in My Father, and you are in Me, and I am in you.