CHRISTMAS/KERSFEES
- 11 minutes read - 2184 wordsCHRISTMAS
Christmas is just around the corner and as Christians we want to do the right thing on this day. A lot of Christians have stopped celebrating this day at some stage. Most people know that Jesus wasn’t born on 25 December. Joseph and Mary went to Bethlehem to be counted. It’s very unlikely that they would travel with a pregnant Mary during the warm dry summer or cold rainy winter. It’s more likely that Jesus was born during autumn (spring here in South Africa). Shepherds and wisemen were outside which is another indication that it wasn’t winter in Israel. A star wouldn’t even be visible during a cloudy winter night. Jesus was crucified during the Jewish Passover and probably born during the autumn harvest festivals. Hanukkah, the Jewish festival of lights, was celebrated the week of 25 December that year and people reckon Jesus was conceived on 25 December. The day of His conception became the day we celebrate His birth. It just places so much emphasis on the fact that life starts at conception and that every baby has the right to live. The Light of the world was conceived during the Festival of Lights.
Jesus was probably conceived on 25 December and born 9 months later during September. The fact that the Romans celebrated Saturnalia on 25 December is just another attempt of satan to steal, kill and destroy. Scripture says “this is the day the Lord has made, come let us rejoice and be glad in it”. Every day is made by God, so don’t allow satan to steal a single day. Christmas day, 31 October, 9/11 and even Friday the thirteenth, belong to God.
I don’t know how reliable this is, but some studies show that Jesus was born on 1 Tishri 3 AD. That would be 11 September 3 AD on our calender.
That wouldn’t even suprise me because the 9/11 terrorist attack is something that everyone will always remember. Satan will do anything he can to place our attention on bad things rather than on Christ. This day is also Rosh Hashanah or the Jewish New Year. Jesus brought new life and a new beginning to all Christians. Another possibilty is that Jesus was born on Yom Kippur (Day of Atonement). That was the day that God appeared above the ark of the covenant. Emmanuel - God with us appeared - many years later. Others reckon Jesus was born during the Feast of Tabernacles or during Passover.
Kim Robinson and Kat Kerr both saw Christmas town in Heaven. The earth is a shadow of what Heaven looks like. If there is Christmas in Heaven it cannot be wrong to celebrate it on earth. Paul (2 Corinthians 12) and John (Revelation 4) visited Heaven and lived to tell about it afterwards. It’s biblical to have heavenly visitations. Remember Jesus said we will do greater things.
Some people have a problem with the Christmas tree and others with Santa. They will quote Jeremiah 10:3-8 where a tree is chopped down, decorated and worshipped as an idol. Everything the enemy does is counterfeit and it’s impossible for him to come up with something original. Saint Nicholas parents died when he was young and left him a good inheritance. Since he was raised as a Christian he was very generous and blessed a lot of people. He was a bishop that possibly wore a red cloak and became a saint due to his generosity. He threw a bag of gold down a chimney that landed on socks that was drying at the fire. That was the origin of coming down the chimney and the Christmas stocking. We don’t worship a tree or Santa; we celebrate the birth of Jesus.
Enjoy Christmas this year. Celebrate the One that is our greatest gift. He gave His life in order for us to have abundant life on earth and eternal life in Heaven. We are allowed to enjoy Christmas like children. Eat, drink, open gifts, celebrate Jesus and take care of the poor and less fortunate. Sing Christmas carols and honour and glorify our King.
“And in the same area there were shepherds living in the fields, keeping watch over their flock by night. And then an angel of the Lord appeared to them, and the glory of the Lord shone around them, and they were very afraid. But the angel said to them, “Listen! Do not fear. For I bring you good news of great joy, which will be to all people. For unto you is born this day in the City of David a Savior, who is Christ the Lord. And this will be a sign to you: You will find the Baby wrapped in strips of cloth, lying in a manger.” Suddenly there was with the angel a company of the heavenly host praising God and saying, “Glory to God in the highest, and on earth peace, and good will toward men.” When the angels went away from them into heaven, the shepherds said to each other, “Let us now go to Bethlehem and see what has happened, which the Lord has made known to us.” So they came hurrying and found Mary and Joseph, and the Baby lying in a manger. When they had seen Him, they made widely known the word which was told them concerning this Child. And all those who heard it marveled at what the shepherds told them. But Mary kept all these things and pondered them in her heart. The shepherds returned, glorifying and praising God for all the things they had heard and seen, as it had been told them.”
Luke 2:8-20 MEV
KERSFEES
Kersfees is om die draai en as Christene wil ons net die regte ding doen op hierdie dag. Baie Christene het op ‘n stadium ophou Kersfees vier. Meeste mense weet dat Jesus nie regtig op 25 Desember gebore is nie. Josef en Maria moes gaan vir ‘n sensus opname na Bethlehem en dis baie waarskynlik dat Jesus gedurende die Herfs (ons Lente) gebore is. Nat winters en baie droë warm somers sou hul verhoed het om in ander tye met slegs ‘n donkie en ‘n baie swanger Maria te reis. Skaapwagters en die wyse manne was buite wat aandui dat dit nie winter was nie. ‘n Ster was duidelik sigbaar en dit sou onmoontlik wees op ‘n bewolkte nag. Jesus is gekruisig gedurende Pasga en is waarskynlik gebore gedurende ‘n feesseisoen in die Herfs. Die fees van ligte (Hanukkah) word in Desember gevier en baie mense reken dat Hanukkah op 25 Desember was daardie jaar. Maria het dus swanger geraak tydens die Joodse fees van ligte, wat ook vandag ons Kersfees is. Ons weet dat die Jode eerste God geken het en eers daarna die ander nasies. God het dus voorsiening gemaak dat die dag wat Maria swanger geword het vir beide die Jode en nie Jode ‘n belangrike dag sal wees. Die Lig van die wêreld het dus begin lewe in hierdie wêreld gedurende die Fees van ligte.
Die kans is dus goed dat Maria swanger geraak het op Kersdag en 9 maande later, in September geboorte geskenk het aan Jesus. God beplan alles so fyn en op tyd en daarom glo ek Kersfees val saam met Maria se swangerskap. Dit illustreer ook dat lewe begin die dag wat bevrugting plaasvind. Die dag is so belangrik dat ons Jesus se lewe vier op die dag van Sy bevrugting. Suid-Korea vier ook ‘n persoon se verjaarsdag op die dag en nie op hul geboorte dag nie. Ongebore babas is ook mense en het regte, net soos hulle ouers. Net soos satan babas se lewens wil steel wil hy ook ons dag steel waar ons Jesus se geboorte moet vier. Die feit dat die Romeine Saturnalia op 25 Desember gevier het illustreer ook maar net dat satan kom om te “steel, slag en te verwoes”. God se Woord sê “dit is die dag wat die Here gemaak het, laat ons juig en bly wees”. Elke dag behoort aan God. Selfs 25 Desember en 31 Oktober, Vrydag die dertiende, en 9/11 behoort aan God. Moenie toelaat dat satan ‘n dag van jou steel omdat daar iets slegs of negatief op daardie datum gebeur het nie.
Ek weet nie hoe betroubaar dit is nie, maar daar is studies gedoen en hulle het gevind dat dit sin maak dat Jesus op 11 September/ 1 Tishri 3AD gebore is. Dit sal my nie eers verbaas nie, want satan wil hê ons moet aan die 9/11 terreuraanval dink i.p.v. om aan Jesus te dink. Die dag val dan ook saam met Rosh Hashanah (Fees van Trompette) wat Nuwejaar is op die Joodse kalender. Jesus het nuwe lewe en ‘n nuwe begin gebring. Jesus is ook moontlik op Yom Kippur (Versoeningsdag) gebore. Dit is die dag wat God bo die versoeningsark in die tempel verskyn het. Jesus word genoem Immanuel- God by ons - en is moontlik op die heiligste dag in die Joodse kalender gebore. Ander beweer dat Jesus gedurende die Fees van Tabernakels (Sukkot) of selfs gedurende Paasfees gebore is. Ons het ‘n dag, 25 Desember, om Hom te vier en ons moenie dat satan dit van ons steel nie.
Die wonder van Jesus se geboorte is nie net dat ons geskenke op Sy verjaarsdag ontvang nie, maar die grootste geskenk is Jesus, wat ons vrygekoop het van die ewige verderf. Jesus het aarde toegekom om vir alles te betaal sodat ons lewe in oorvloed kan ervaar. Kim Robinson en Kat Kerr besoek die Hemel gereeld en al 2 het al “Christmas town” besoek. (Daar is gratis videos op die internet as jy meer wil hoor.) As daar Kersfees in die Hemel is met liggies en geskenke en Kersvader, kan ons met geruste harte Kersfees op aarde vier. Jy mag dalk dink dit is onmoontlik om die Hemel te besoek, maar gaan lees in 2 Korinthiërs 12 waar Paulus vertel van sy ervaring en in Openbaring 4 het Johannes die Hemel besoek. Onthou Jesus het gesê ons gaan “groter dinge doen”.
Party mense lees Jeremia 10:3-8 en beweer dat dit verkeerd is om ‘n kersboom te hê. Die mense het ‘n boom geneem en versier en dit dan aanbid asof dit hulle god was. Die vyand kan niks oorspronkliks doen nie en wil altyd God se dinge verdraai. Ander het weer ‘n probleem met Kersvader. St Nicholas se ouers is vroeg dood en het vir hom ‘n groot erfporsie nagelaat. Hy was ‘n Christen en was daarom baie vrygewig. Hy was ‘n biskop wat moontlik ‘n rooi kleed gedra het. Weens sy vrygewigheid het hy ‘n “saint” geword. Op ‘n keer het hy ‘n sak goud by ‘n skoorsteen afgegooi wat op sokkies geval het, wat besig was om droog te word by die kaggel. Dit het gelei tot die ontstaan van Santa wat met die skoorsteen afkom en kerskouse. Ons aanbid Jesus en vier Sy geboorte.
Geniet hierdie Kersfees. Vier fees omdat die Vader ons so liefhet dat Hy Sy sondelose Seun aarde toe laat kom het om vir die sonde van die wêreld te betaal. Wees opgewonde soos ‘n kind oor Kersfees. Eet, kuier met jou familie, koop geskenke, versier die huis, wees vrygewig, luister kersmusiek en vier die wonder van Jesus se geboorte. Gebruik elke geleentheid om God te loof en prys vir Sy goedheid.
“EN daar was herders in dieselfde landstreek, wat in die oop veld gebly en in die nag oor hulle skape wag gehou het. En meteens staan daar 'n engel van die Here by hulle, en die heerlikheid van die Here het rondom hulle geskyn en groot vrees het hulle oorweldig. En die engel sê vir hulle: Moenie vrees nie, want kyk, ek bring julle 'n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk sal wees, dat vir julle vandag in die stad van Dawid gebore is die Saligmaker wat Christus, die Here, is. En dit is vir julle die teken: julle sal 'n Kindjie vind wat in doeke toegedraai is en wat in die krip lê. En skielik was daar saam met die engel 'n menigte van die hemelse leërskare wat God prys en sê: Eer aan God in die hoogste hemele en vrede op aarde, in die mense 'n welbehae! En toe die engele van hulle weggegaan het na die hemel, sê die herders vir mekaar: Laat ons dan na Betlehem gaan en hierdie ding sien wat gebeur het, wat die Here aan ons bekend gemaak het. En hulle het met haas gegaan en Maria en Josef gevind en die kindjie wat in die krip lê. En toe hulle dit gesien het, het hulle oral die woord bekend gemaak wat aan hulle van dié Kindjie vertel is. En almal wat dit gehoor het, was verwonderd oor wat deur die herders aan hulle vertel is; maar Maria het al hierdie woorde bewaar en in haar hart oordink. En die herders het teruggegaan en God verheerlik en geprys oor alles wat hulle gehoor en gesien het, net soos aan hulle gesê is.”
LUKAS 2:8-20 AFR53