DAAR IS NIKS TE MOEILIK VIR GOD NIE
Janine Forsyth
- 2 minutes read - 241 wordsAbraham was 100 en Sara was 90 toe Isak gebore is - Génesis 17:17. Ouderdom is nie ‘n probleem vir God nie.
“Sou iets vir die Here te wonderbaar wees? Hierdie tyd, oor 'n jaar, sal Ek na jou terugkom, en Sara sal 'n seun hê.”
GÉNESIS 18:14 AFR53
Koning Sedekía het vir die profeet Jeremia opgesluit in sy paleis. Jeremia het profeteer dat die Chaldeërs vir Israel sal verslaan en die land oorneem. Die tempel en die hele Jerusalem sou verbrand word. Tog het God vir Jeremia gelei om ‘n stuk grond te koop as ‘n profetiese teken dat die mense van Israel sou terugkeer na hulle land. Jeremia het tot die besef gekom dat niks te moeilik vir God is nie. Vyf - en - dertig jaar na Jeremia se dood het die mense teruggekeer na Israel.
“Ag, Here Here, kyk, U het die hemel en die aarde gemaak deur u grote krag en deur u uitgestrekte arm; geen ding is vir U te wonderbaar nie. Kyk, Ek is die Here, die God van alle vlees; sou enige ding vir My te wonderbaar wees?”
JEREMIA 32:17, 27 AFR53
Jesus het ook geweet dat niks onmoontlik is vir God nie. Wanneer jy probleme ondervind moet jy jouself herinner dat niks te moeilik vir God is nie.
“Maar Hy antwoord: Die dinge wat by mense onmoontlik is, is by God moontlik.”
LUKAS 18:27 AFR53