DESPERAAT VIR MEER VAN JESUS
- One minute read - 208 wordsMatthéüs 9:18-22
Markus 5:21-34
Lukas 8:40-48
Jesus was oppad om Jaïrus se dogtertjie uit die dood op te wek toe die vrou Sy kleed aanraak. Jesus het gestop is nooit te besig vir ons nie. Die vrou se geloof in Jesus het haar gered en genees. Die vrou was volgens die wet onrein, maar Jesus maak haar rein. Dit is simbolies van die nuwe verbond. Die wet kon slegs sonde bedek, maar Jesus vergewe ons ten volle. Jesus kom en genees die vrou van ‘n siekte wat haar onrein maak. Hy red haar ook van die ewige verderf. Hierdie vrou het ‘n behoefte (‘n honger en ‘n dors) gehad om deur Jesus aangeraak te word. Sy was desperaat, want sy het 12 jaar lank aan bloedvloeiing gely. Sy het van dokter na dokter gegaan en in die proses al haar besittings verloor. Sy was desperaat genoeg om aan Jesus se kleed te raak. Twaalf is die nommer van God se regering (12 stamme, 12 dissipels, Jaïrus se dogtertjie was ook 12 toe Jesus haar opwek uit die dood) en Hemel is afgebring Aarde toe met haar genesing. Dis nodig dat ons desperaat raak vir ‘n aanraking van Jesus sodat ons God se Koninkryk hier op Aarde kan sien.