Die Derde Hemel
- 5 minutes read - 917 wordsDaar is mense wat glo dat wanneer ons sterf is alles verby. Daar is geen twyfel dat die Bybel dit baie duidelik maak dat daar ‘n beter lewe na hierdie lewe is. In Jes 66:24 gebruik die Bybel die woorde, “hulle wurm sal nie sterwe nie”, om te wys dat daar meer gebeur na die aardse dood. Jou keuses sal bepaal wat met jou gebeur wanneer jy sterf. Markus 9:42-48 sê dis beter om ‘n liggaamsdeel, wat jou laat sondig, te verloor as om in die onuitblusbare helse vuur te beland. Jy kan ook meer hieroor lees in Openbaring 20:11-15.
Wanneer jy God volg sal jy ‘n wonderlike nuwe lewe ervaar wanneer jy sterf.
“En ek het ’n groot stem uit die hemel hoor sê: Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God. En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan.”
OPENBARING 21:3-4 AFR53
Kyk wat het Jesus gesê:
“In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei.”
JOHANNES 14:2 AFR53
Die KJV van die Bybel gebruik die woord “mansions” wat ‘n beter beskrywing is as net wonings. Elkeen wat gered is gaan ‘n “mansion” hê in die Hemel.
Johannes (die dissipel) het ‘n visioen gehad waar hy God in die troonkamer kon sien.
“NÁ hierdie dinge het ek gesien — kyk, ’n geopende deur in die hemel, en die eerste stem wat ek soos ’n basuin met my hoor spreek het, het gesê: Kom op hierheen, en Ek sal jou toon wat ná hierdie dinge moet gebeur. En dadelik was ek in die Gees, en kyk, daar staan ’n troon in die hemel en Een sit op die troon. En Hy wat daarop sit, het in sy voorkoms gelyk soos die steen jaspis en sardius; en rondom die troon was ’n reënboog wat in sy voorkoms gelyk het soos ’n smarag. En rondom die troon was daar vier-en-twintig trone, en op die trone het ek die vier-en-twintig ouderlinge sien sit, bekleed met wit klere; en hulle het goue krone op hulle hoofde gehad. En daar het weerligte en donderslae en stemme uit die troon uitgegaan, en sewe vuurfakkels wat die sewe Geeste van God is, het voor die troon gebrand; en voor die troon was daar ’n see van glas soos kristal, en in die middel van die troon en rondom die troon vier lewende wesens vol oë van voor en van agter. En die eerste lewende wese was soos ’n leeu, en die tweede lewende wese was soos ’n kalf, en die derde lewende wese het ’n gesig gehad soos ’n mens, en die vierde lewende wese was soos ’n arend wat vlieg. En die vier lewende wesens het elkeen vir homself ses vlerke gehad, en hulle was rondom en van binne vol oë; en hulle het sonder ophou dag en nag gesê: Heilig, heilig, heilig is die Here God, die Almagtige, wat was en wat is en wat kom! En elke keer as die lewende wesens heerlikheid en eer en danksegging gee aan Hom wat op die troon sit, wat tot in alle ewigheid lewe, val die vier-en-twintig ouderlinge neer voor Hom wat op die troon sit, en aanbid Hom wat tot in alle ewigheid lewe, en werp hulle krone voor die troon en sê: U is waardig, o Here, om te ontvang die heerlikheid en die eer en die krag, want U het alles geskape en deur u wil bestaan hulle en is hulle geskape.”
OPENBARING 4:1-11 AFR53
Paulus vertel van ‘n man, almal glo dis hyself, wat die derde Hemel besoek het.
“Ek weet van ’n man in Christus, veertien jaar gelede — of dit in die liggaam was, weet ek nie, of buite die liggaam, weet ek nie, God weet dit — dat so iemand weggeruk is tot in die derde hemel. En ek weet van so ’n man — of dit in die liggaam of buite die liggaam was, weet ek nie, God weet dit — dat hy weggeruk is in die Paradys en onuitspreeklike woorde gehoor het wat ’n mens nie mag uitspreek nie.”
II KORINTHIËRS 12:2-4 AFR53
Dit wat Johannes en Paulus gesien het word beskou as die DERDE HEMEL. Wanneer ons sterf gaan ons in die derde Hemel saam met God woon. Jesus sit reeds aan die regterkant van die Vader. Baie Christene word vandag steeds weggevoer in die Gees om die derde Hemel te besoek.
Die EERSTE HEMEL is direk bo ons waar ons die son, maan en sterre kan sien.
Die TWEEDE HEMEL is waar satan/Lucifer sy woning gemaak het. In Eségiël 28 en Jesaja 14 kan jy lees dat satan ‘n pragtige engel was. Hy het pragtige vlerke gehad, bedek met edelgesteentes, totdat hy besluit het om te sondig. God het satan en ‘n derde van die engele uit die Hemel gegooi.
Jesus het satan sien val uit die derde Hemel.
“Toe sê Hy vir hulle: Ek het die Satan soos ’n bliksem uit die hemel sien val.”
LUKAS 10:18 AFR53
(Kat Kerr, Kevin Basconi en Dr. Kevin Zadai het wonderlike boeke waarin hul meer vertel van die derde Hemel. )