Die onregverdige bestuurder
- One minute read - 191 wordsLukas 16:1-13
Jesus het ’n gelykenis vertel van ’n bestuurder wat vir ’n baie ryk man gewerk het. Die ryk man het uitgevind dat die bestuurder sy geld mors en die bestuurder gekonfronteer. Die bestuurder het besef hy is uitgevang. Volgens die TPT Bybel is “Spit kan ek nie” ’n Aramese uitdrukking wat beteken hy kon nie wegsteek of begrawe wat hy gedoen het nie. Die ryk man het reeds geweet hy is oneerlik. Die bestuurder besluit toe aangesien hy nou sy werk gaan verloor moet hy nou ’n plan maak. Hy gee toe ’n klomp mense afslag op hul skuld sodat hulle hom goedgesind kon wees wanneer hy sy werk verloor. Die bestuurder het homself dus bevoordeel in die proses. Jesus wou hê die dissipels moes sien dat die geld van hierdie wêreld gebruik moet word om Sy koninkryk te bou en sodoende sal hulle die ewige lewe ontvang. Ons kan onsself bevoordeel deur vrygewig teenoor ander te wees. Selfs wêreldse mense weet om geld tot hul voordeel te gebruik. Ons moenie geld dien nie, ons moet geld gebruik tot eer van God en sodoende sal ons ook bevoordeel word.