DIE WAARHEID
- 2 minutes read - 338 wordsJesus is die weg, die waarheid en die lewe (Johannes 14:6). Die Waarheid, Jesus, sê jy is tot alles in staat deur Hom (Filppense 4:13). Wat jou ook al bangmaak of laat stilstaan, Jesus kan jou help om dit te oorwin. Al wat jy nodig het is Jesus.
“Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord, met die borswapen van die geregtigheid aan,”
EFÉSIËRS 6:14 AFR53
Satan kom om jou hoop en vertroue in Jesus te steel (Johannes 10:10), maar Jesus het gekom sodat jy lewe in oormaat kan ervaar. Moenie die leuens van satan glo dat jy nie kan oorwin nie. Hou vas aan die waarheid. Niks is te moeilik vir God nie (Génesis 18:14).
“Want geen ding sal by God onmoontlik wees nie.”
LUKAS 1:37 AFR53
Jy het opstandingskrag wanneer die Heilige Gees binne jou woon (Rom 8:11) en daarom kan satan jou nie stop nie. Dieselfde krag wat Jesus uit die dood opgewek het is binne jou.
“Want God het ons nie ’n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.”
II TIMÓTHEÜS 1:7 AFR53
Spreek lewe oor jou situasie selfs, en veral, wanneer die uitkoms bleek en verlore lyk (Romeine 4:17).
“Want U laat my lamp skyn; die Here my God laat my duisternis opklaar. Want met U loop ek ’n bende storm, en met my God spring ek oor ’n muur. Die weg van God is volmaak; die woord van die Here is gelouter; Hy is ’n skild vir almal wat by Hom skuil. Want wie is God buiten die Here, en wie is ’n rots behalwe onse God? God is dit wat my met krag omgord en my weg volkome maak. Hy maak my voete soos dié van herte en laat my staan op my hoogtes. Die Here leef! En geloofd sy my rots, en laat verhoog wees die God van my heil! Daarom wil ek U loof, o Here, onder die nasies, en tot eer van u Naam wil ek psalmsing.”
PSALMS 18:29-34, 47, 50 AFR53