Die antichristus gaan baie mislei
Janine Forsyth
- 4 minutes read - 700 words“Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei.”
MATTHÉÜS 24:24 AFR53
“Want sulke mense is valse apostels, bedrieglike arbeiders wat hulleself verander in apostels van Christus. En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in 'n engel van die lig. Dit is dus niks besonders wanneer sy dienaars hulle ook voordoen as dienaars van geregtigheid nie. Maar hulle einde sal wees volgens hulle werke.”
II KORINTHIËRS 11:13-15 AFR53
“En ek het gesien, en kyk, daar was 'n wit perd. En hy wat daarop sit, het 'n boog (giftig - grieks “toxon”) en aan hom is 'n kroon gegee, en hy het uitgegaan as 'n oorwinnaar en om te oorwin.”
OPENBARING 6:2 AFR53
Israel wag nou al 15 maande lank vir die laaste gyselaars om vrygelaat te word. Baie gyselaars en soldate het reeds gesterf. Die boere langs die Gasa-strook en die mense in die noorde op die grens langs Lebanon, kan nie voortgaan met hul boerdery nie. Baie mense het hul werk tydelik gelos om te veg in die oorlog. Selfs Ortodokse Jode moet nou gaan veg. Daagliks gaan daar alarms af en mense moet hardloop om skuiling te vind. Hezbollah het ‘n tydelike vredesooreenkoms, maar Hamas en die Houthi’s gaan steeds voort met die oorlog. Die wêreld blameer Israel meer as wat hulle die Hamas terroriste blameer. Anti-semitisme neem wêreldwyd toe.
Die mense van Israel is desperaat om vrede te maak en die gyselaars terug te kry. Die inwoners van Israel wil net aangaan met hul lewens. Ons sal waarskynlik dieselfde voel, in so ‘n situasie. Die antichristus gaan kom wanneer Israel kwesbaar is en daar ‘n geweldige behoefte aan vrede is. Hy gaan “met baie ‘n sterk verbond sluit”. Christene weet Jesus, ons Messias, het reeds gekom. Die Jode sowel as die Moslems wag vir hulle redder. Ek dink die antichristus gaan ‘n misleidende vredesverbond sluit met die Jode en die Moslems. Die Moslems sal toelaat dat die derde tempel gebou word en sodra dit klaar is gaan die antichristus die tempeloffers stop en God belaster. Die Jode sal dan besef dat hy hulle mislei het.
“En ná die twee-en-sestig sewetalle sal 'n Gesalfde uitgeroei word, maar sonder iets vir Hom; en die volk van 'n vors wat sal kom, sal die stad en die heiligdom verwoes, maar sy einde sal met 'n oorstroming wees, en tot die einde toe sal dit oorlog wees, vasbeslote verwoestings. En hy sal een week lank met baie 'n sterk verbond sluit, en gedurende die helfte van die week sal hy slagoffer en spysoffer laat ophou; en op die vleuel van gruwels sal daar 'n verwoester wees, en wel tot aan die einde; en wat vas besluit is, sal oor wat woes is, uitgestort word.”
DANIËL 9:26-27 AFR53
“Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf, die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is.”
II THESSALONICENSE 2:3-4 AFR53
“En hulle het die draak aanbid wat die dier mag gegee het, en die dier aanbid en gesê: Wie is aan die dier gelyk? Wie kan teen hom oorlog voer? En 'n mond is aan hom gegee wat groot woorde en godslasteringe uitspreek, en aan hom is mag gegee om dit twee-en-veertig maande lank te doen. En hy het sy mond oopgemaak om te laster teen God, om sy Naam en sy tabernakel en die wat in die hemel woon, te laster. Dit is ook aan hom gegee om oorlog te voer teen die heiliges en hulle te oorwin, en aan hom is mag gegee oor elke stam en taal en nasie. En al die bewoners van die aarde sal hom aanbid, almal wie se name nie van die grondlegging van die wêreld af in die boek van die lewe van die Lam wat geslag is, geskrywe is nie. As iemand 'n oor het, laat hom hoor.”
OPENBARING 13:4-9 AFR53