Die arende wen
Janine Forsyth
- 2 minutes read - 280 wordsBaie profete het gesê dat President Trump ‘n tweede termyn president sou wees. Dit het egter eers 4 jaar later gebeur. Die profetiese bediening het baie kritiek ontvang.
Trump se wen word opgevolg met die Philadelphia Eagles wat die Superbowl wen. Arende is simbolies van profete en die naam Filadelfia beteken “broederliefde”. God gebruik steeds Sy profete al verstaan ons nie altyd God se tye nie. Alle Christene is profeties, maar nie almal het die genadegawe van ‘n profeet nie. Liefde en professie is altyd deel van God.
“Want die Here Here doen niks tensy Hy sy raadsbesluit aan sy knegte, die profete, geopenbaar het nie.”
AMOS 3:7 AFR53
“JAAG die liefde na, en beywer julle met die oog op die geestelike gawes, maar veral om te profeteer.”
I KORINTHIËRS 14:1 AFR53
“Daar is wel verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees; en daar is verskeidenheid van bedieninge, en tog is dit dieselfde Here; en daar is verskeidenheid van werkinge, en tog is dit dieselfde God wat alles in almal werk. Maar aan elkeen word die openbaring van die Gees gegee met die oog op wat nuttig is. Want aan die een word deur die Gees 'n woord van wysheid gegee, en aan die ander 'n woord van kennis vanweë dieselfde Gees; aan 'n ander weer geloof deur dieselfde Gees, en aan 'n ander genadegawes van gesondmaking deur dieselfde Gees; aan 'n ander werkinge van kragte, aan 'n ander profesie, aan 'n ander onderskeiding van die geeste, aan 'n ander allerhande tale, aan 'n ander uitleg van tale. Maar al hierdie dinge werk een en dieselfde Gees wat aan elkeen afsonderlik uitdeel soos Hy wil.”
I KORINTHIËRS 12:4-11 AFR53