DIE BRUID SOEK HAAR BRUIDEGOM
Janine Forsyth
- 2 minutes read - 331 words“OP my bed snags het ek gesoek na my sielsbeminde, ek het na hom gesoek, maar hom nie gevind nie. Ek wil dan opstaan en in die stad rondgaan, in die strate en op die pleine wil ek na my sielsbeminde soek; ek het na hom gesoek, maar hom nie gevind nie. Die wagte wat in die stad rondgaan, het my aangetref. Het julle my sielsbeminde nie gesien nie? Skaars het ek van hulle af verder gegaan, of ek het my sielsbeminde gevind; ek het hom vasgehou en hom nie gelos voordat ek hom gebring het in die huis van my moeder en in die binnekamer van haar wat my gebaar het nie.”
HOOGLIED 3:1-4 AFR53
“o God, U is my God, U soek ek; my siel dors na U, my vlees smag na U, in 'n dor en uitgedroogde land, sonder water.”
PSALMS 63:2 AFR53
“Ék het lief die wat my liefhet, en die wat my soek, sal my vind.”
SPREUKE 8:17 AFR53
“Soek die Here terwyl Hy nog te vinde is; roep Hom aan terwyl Hy naby is.”
JESAJA 55:6 AFR53
“En julle sal My soek en vind as julle na My vra met julle hele hart.”
JEREMIA 29:13 AFR53
“Dan sal julle daarvandaan die Here jou God soek en vind as jy Hom met jou hele hart en jou hele siel soek.”
DEUTERONÓMIUM 4:29 AFR53
“Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.”
MATTHÉÜS 6:33 AFR53
“Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word. Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word.”
MATTHÉÜS 7:7-8 AFR53
“En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en 'n beloner is van die wat Hom soek.”
HEBREËRS 11:6 AFR53