DIE BYBEL ERA IS NOG NIE VERBY NIE
Janine Forsyth
- 2 minutes read - 237 wordsLees Matthéüs 24 en Openbaringe 4-22.
“Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat al hierdie dinge gebeur het nie. Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal nooit verbygaan nie.”
MATTHÉÜS 24:34-35 AFR53
Almal wat die Bybel lees sal weet daar moet nog baie gebeur voordat die Bybel era verby is. Efraim (of die 10 stamme van Israel) is steeds versprei tussen die nasies en het nog nie teruggekeer na Israel nie - Eségiël 36:24,28. Die 12 stamme moet herenig word in Jesus - Eségiël 37. Die laaste paar jaar het ons begin hoor van oorloë en gerugte van oorloë en daar is meer aardbewings. Goed word sleg genoem en sleg word goed genoem - Jesaja 5:20. Die mens se kennis het die laaste paar jaar geweldig baie toegeneem - Daniël 12:4. Die Antichris moet steeds verskyn, Jesus moet ons kom haal en 7 verskriklike benoude jare van tribulasie moet plaasvind. God se heerlikheid het nog nie die hele aarde bedek nie en God se koninkryk moet uitbrei na die uithoeke van die aarde. Jesus sal nie terugkeer voordat almal ‘n kans gehad het om gered te word nie. Intussen moet elke Christen steeds die groter werke doen; ons moet heers en regeer. Jesus gaan terugkeer vir ‘n verenigde, vuurwarm, gelowige, hoopvolle en rein bruid. Hierdie era sal nie verbygaan voordat elke Bybel profesie vervul is nie.