DIE GEES
Janine Forsyth
- 5 minutes read - 1050 wordsGod het die Gees in Adam geblaas en Jesus het op die dissipels geblaas en gesê dat hulle die Gees moet ontvang.
“En nadat Hy dit gesê het, blaas Hy op hulle en sê vir hulle: Ontvang die Heilige Gees.”
JOHANNES 20:22 AFR53
In die Ou Testament het die Gees tydelik oor mense gekom en dan weer gegaan. Die werkers het God se Gees ontvang om voorwerpe te maak vir die tent van ontmoeting - Exodus 31:1-11.
Die Gees van die Here het oor Gideon gekom sodat hy en net 300 soldate die Midianiete kon verslaan - Rigters 6-7.
God se Gees het vir Simson die vermoë gegee om die Filistyne te verslaan - Rigters 13-16. Ongelukkig het Simson se vlees gedurig sonde gedoen en met verkeerde vroue betrokke geraak.
Koning Dawid het God se Gees ontvang toe Samuel hom insalf as koning - 2 Samuel 16:13-14. God se Gees het Koning Saul verlaat en ‘n bose gees het oor hom gekom.
Job het geweet dat God se Gees ‘n mens verstandig maak.
“Maar dit is die Gees in die mens en die asem van die Almagtige wat hulle verstandig maak.”
JOB 32:8
Die onmoontlike word moontlik deur God se Gees.
“Toe antwoord hy en sê vir my: Dit is die woord van die Here aan Serubbábel, naamlik: Nie deur krag of deur geweld nie, maar deur my Gees, sê die Here van die leërskare.”
SAGARÍA 4:6 AFR53
“En aan Hom wat mag het om te doen ver bo alles wat ons bid of dink, volgens die krag wat in ons werk,”
EFÉSIËRS 3:20 AFR53
Wanneer ‘n mens sterf keer die gees terug na God.
“Toe sê die Here: My Gees sal nie vir ewig in die mens heers nie, omdat hy ook vlees is; maar sy dae sal wees honderd-en-twintig jaar.”
GÉNESIS 6:3 AFR53
“Voordat die silwerdraad verwyder word en die goue oliekruik stukkend val en die kruik by die fontein gebreek word en die wiel stukkend in die put val en die stof na die aarde terugkeer soos dit gewees het, en die gees na God terugkeer wat dit gegee het.”
PREDIKER 12:6-7 AFR53
Jesus het die Heilige Gees ontvang toe Johannes Hom gedoop het.
Na Jesus opgevaar het is God se Gees uitgestort op die aarde en alle Christene kan deur God gebruik word om wonderlike dinge te doen.
“En daarna sal Ek my Gees uitgiet op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, julle ou mense drome droom, julle jongelinge gesigte sien. En ook op die diensknegte en op die diensmaagde sal Ek in dié dae my Gees uitgiet. En Ek sal wondertekens gee aan die hemel en op die aarde: bloed en vuur en rookpilare. Die son sal verander word in duisternis en die maan in bloed, voordat die groot en deurlugtige dag van die Here kom.”
JOËL 2:28-31 AFR53
“En daar kom skielik uit die hemel 'n geluid soos van 'n geweldige rukwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het. Toe is deur hulle tonge gesien soos van vuur, wat hulleself verdeel en op elkeen van hulle gaan sit. En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek.”
HANDELINGE 2:2-4 AFR53
“en dat julle vernuwe moet word in die gees van julle gemoed”
EFÉSIËRS 4:23 AFR53
Wanneer ons deur die Gees gelei word dra ons goeie vrugte:
“MAAR ek sê: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie; want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie. Maar as julle deur die Gees gelei word, dan is julle nie onder die wet nie. Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing. Maar die wat aan Christus behoort, het die vlees met sy hartstogte en begeerlikhede gekruisig.”
GALÁSIËRS 5:16-18, 22, 24 AFR53
Ongelukkig kan mense ook deur bose geeste gelei word. Heilige Gees kan woorde in jou mond plaas. In die Nuwe Testament het bose geeste ook soms gepraat. Jesus het outoriteit gehad om bose geeste uit te dryf. Ons het dieselfde outoriteit ontvang. Ons word in sonde gebore en kan dan kies om ons verlossing te ontvang en daarna om met God se Gees gevul te word. Ons liggaam is ‘n woonplek vir Heilige Gees en word een gees met God. God word verheerlik wanneer ons deur Sy Gees leef.
“Want wie van die mense weet wat in 'n mens is, behalwe die gees van die mens wat in hom is? So weet ook niemand wat in God is nie, behalwe die Gees van God. Ons het ewenwel nie die gees van die wêreld ontvang nie, maar die Gees wat uit God is, sodat ons kan weet wat God ons uit genade geskenk het. Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk. Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word. Maar die geestelike mens beoordeel wel alle dinge; self egter word hy deur niemand beoordeel nie. Want wie het die sin van die Here geken, dat hy Hom sou kan onderrig? Maar ons het die sin van Christus.”
I KORINTHIËRS 2:11-16 AFR53
“En dit was sommige van julle; maar julle het jul laat afwas, maar julle is geheilig, maar julle is geregverdig in die Naam van die Here Jesus en deur die Gees van onse God. Maar wie die Here aanhang, is een gees met Hom. Of weet julle nie dat julle liggaam 'n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie? Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort.”
I KORINTHIËRS 6:11, 17, 19-20 AFR53