DIE KINDERS VAN VANDAG
Janine Forsyth
- 5 minutes read - 967 wordsEk hoor ouer mense kla oor die kinders van vandag. Wie het die “kinders van vandag” grootgemaak? Die antwoord is eenvoudig: die ouers van vandag.
Kinders weet soveel meer oor die wêreld, maar al hoe minder oor God.
In ons wêreld plaas mense dikwels rituele bo goddelike instruksies. Mense sal babas en kinders laat doop, inseën of kerk en Sondagskool toe stuur in plaas daarvan om self verantwoordelikheid te aanvaar vir hulle Christelike opvoeding. Ons kan nie op ander mense staatmaak om ons kinders te leer nie. Dit is elke Christen ouer se eie verantwoordelikheid.
Kom ons kyk wat sê die Bybel oor kinders.
“Kyk, seuns (kinders in meeste vertalings) is 'n erfdeel van die Here; die vrug van die moederskoot is 'n beloning.”
PSALMS 127:3 AFR53
“En hierdie woorde wat ek jou vandag beveel, moet in jou hart wees; en jy moet dit jou kinders inskerp en daaroor spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan.”
DEUTERONÓMIUM 6:6-7 AFR53
“Maar iemand wat vir sy eie mense, en veral sy huisgenote, nie sorg nie, het die geloof verloën en is slegter as 'n ongelowige.”
I TIMÓTHEÜS 5:8 AFR53
“Uit die mond van kinders en suiglinge het U sterkte gegrondves, om u teëstanders ontwil, om die vyand en wraakgierige stil te maak.”
PSALMS 8:3 AFR53
God wil hê dat jy jou kind meer oor Hom moet leer. Jou voorbeeld beteken meer as kerk, Sondagskool of enige ander uiterlike ritueel. Ons kinders is ons eerste prioriteit en sendingveld.
Wanneer dit nodig is moet ouers hulle kinders liefdevol straf en dissiplineer.
Spreuke 31 is vol wysheid wat Koning Lémuël se ma met hom gedeel het.
“MAAR spreek jy wat by die gesonde leer pas. Die ou manne moet nugter wees, waardig, ingetoë, gesond in die geloof, in die liefde, in die lydsaamheid. Die ou vroue moet ook in hulle gedrag wees soos dit die heiliges betaam, geen kwaadspreeksters of aan baie wyn verslaaf nie, maar leraresse van wat goed is, sodat hulle die jong vroue kan leer om versigtig te wees, hulle mans en kinders lief te hê, ingetoë te wees, kuis, huislik, goed, aan hul eie mans onderdanig, sodat die woord van God nie belaster word nie. Vermaan die jong manne net so om ingetoë te wees. Betoon jou in alles 'n voorbeeld van goeie werke, met onvervalstheid in die leer, waardigheid, opregtheid. Laat die woord gesond en onweerspreeklik wees, sodat die teëstanders beskaam kan word en niks slegs kan hê om van julle te sê nie.”
TITUS 2:1-8 AFR53
“En vaders, moenie julle kinders vertoorn nie, maar voed hulle op in die tug en vermaning van die Here.”
EFÉSIËRS 6:4 AFR53
“Kinders, julle moet jul ouers in alles gehoorsaam wees, want dit is die Here welbehaaglik. Vaders, moenie julle kinders terg nie, sodat hulle nie moedeloos word nie.”
KOLOSSENSE 3:20-21 AFR53
“Oefen die seun (kind/kinders in meeste vertalings) volgens die eis van sy weg; dan sal hy, ook as hy oud word, daar nie van afwyk nie.”
SPREUKE 22:6 AFR53
“Die roede en die bestraffing gee wysheid; maar 'n seun (kind in meeste vertalings) wat aan homself oorgelaat word, steek sy moeder in die skande. As die goddelose vermeerder, vermeerder die oortreding; maar die regverdiges aanskou met welgevalle hulle ondergang. Tugtig jou seun, dan sal hy jou rus gee en aan jou siel vreugde verskaf.”
SPREUKE 29:15-17 AFR53
Jesus het gesê dat kinders ‘n belangrike deel is van Sy koninkryk. Kinderlike geloof is nodig om die ewige lewe te verkry.
“IN daardie uur het die dissipels na Jesus gekom en gesê: Wie is tog die grootste in die koninkryk van die hemele? Toe roep Jesus 'n kindjie na Hom en laat hom in hulle midde staan en Hy sê: Voorwaar Ek sê vir julle, as julle nie verander en soos die kindertjies word nie, sal julle nooit in die koninkryk van die hemele ingaan nie! Elkeen dan wat homself verneder soos hierdie kindjie, hy is die grootste in die koninkryk van die hemele. En elkeen wat een van sulke kindertjies in my Naam ontvang, ontvang My; maar elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, laat struikel, dit is vir hom beter dat 'n meulsteen aan sy nek gehang word en hy wegsink in die diepte van die see. Wee die wêreld weens die struikelblokke! Want dit is noodsaaklik dat daar struikelblokke kom, maar wee die mens deur wie die struikelblok kom. Pas op dat julle nie een van hierdie kleintjies verag nie; want Ek sê vir julle dat hulle engele in die hemele altyd die aangesig sien van my Vader wat in die hemele is.”
MATTHÉÜS 18:1-7, 10 AFR53
“En toe Hy gaan sit het, roep Hy die twaalf en sê vir hulle: As iemand die eerste wil wees, moet hy die laaste van almal en almal se dienaar wees. En Hy neem 'n kindjie en laat hom in hul midde staan en slaan sy arms om hom en sê vir hulle: Elkeen wat een van sulke kindertjies ontvang in my Naam, ontvang My. En elkeen wat My ontvang, ontvang nie My nie, maar Hom wat My gestuur het.”
MARKUS 9:35-37 AFR53
“EN hulle het kindertjies na Hom gebring, dat Hy hulle kon aanraak; en die dissipels het die wat hulle gebring het, bestraf. Maar toe Jesus dit sien, het Hy hulle dit baie kwalik geneem en vir hulle gesê: Laat die kindertjies na My toe kom en verhinder hulle nie, want aan sulkes behoort die koninkryk van God. Voorwaar Ek sê vir julle, elkeen wat die koninkryk van God nie soos 'n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie. En Hy het sy arms om hulle geslaan, sy hande op hulle gelê en hulle geseën.”
MARKUS 10:13-16 AFR53