DIE LIGGAAM
Janine Forsyth
- 3 minutes read - 592 wordsAdam se liggaam is na God se beeld geskape. Die liggaam word begrawe wanneer die siel en gees terugkeer na God. Ons moet ons liggaam bewaar van sonde, want die liggaam is die tempel van God. Na ons dood sal ons ‘n nuwe verheerlikte liggaam kry.
“Weet julle nie dat julle liggame lede van Christus is nie? Sal ek dan die lede van Christus neem en dit lede van 'n hoer maak? Nee, stellig nie! Of weet julle nie dat hy wat 'n hoer aanhang, met haar een liggaam is nie? Want die twee, sê Hy, sal een vlees wees. Maar wie die Here aanhang, is een gees met Hom. Vlug vir die hoerery. Enige sonde wat 'n mens doen, is buite die liggaam; maar wie hoerery bedryf, sondig teen sy eie liggaam. Of weet julle nie dat julle liggaam 'n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie?”
I KORINTHIËRS 6:15-19 AFR53
“Want ons burgerskap is in die hemele, van waar ons ook as Verlosser verwag die Here Jesus Christus, wat ons vernederde liggaam van gedaante sal verander, om gelykvormig te word aan sy verheerlikte liggaam volgens die werking waardeur Hy ook alles aan Homself kan onderwerp.”
FILIPPENSE 3:20-21 AFR53
“En daar is hemelse liggame en aardse liggame; maar die heerlikheid van die hemelse is anders as dié van die aardse. 'n Natuurlike liggaam word gesaai, 'n geestelike liggaam word opgewek. Daar is 'n natuurlike liggaam, en daar is 'n geestelike liggaam.”
I KORINTHIËRS 15:40, 44 AFR53
“Daarom het ons altyd goeie moed en weet dat as ons in die liggaam inwoon, ons van die Here uitwoon. Want ons wandel deur geloof en nie deur aanskouing nie. Maar ons het goeie moed en verkies om liewer uit die liggaam uit te woon en by die Here in te woon. Daarom lê ons ons ook ywerig daarop toe, of ons inwoon of uitwoon, om Hom welbehaaglik te wees. Want ons moet almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang wat hy deur die liggaam verrig het, volgens wat hy gedoen het, of dit goed is of kwaad.”
II KORINTHIËRS 5:6-10 AFR53
“Maar dit verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan beërwe nie; ook beërwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie.”
I KORINTHIËRS 15:50 AFR53
“Want in die opstanding trou hulle nie en word ook nie in die huwelik uitgegee nie, maar is soos engele van God in die hemel.”
MATTHÉÜS 22:30 AFR53
Jesus het anders gelyk na Sy opstanding en die mense het Hom nie herken nie. Die vroue het gedink dat Hy ‘n tuinier was en die Emmaüsgangers het gedink dat Hy ‘n vreemdeling was.
“En hierna het Hy in 'n ander gedaante verskyn aan twee van hulle terwyl hulle loop, op pad in die veld.”
MARKUS 16:12 AFR53
“EN terwyl hulle hieroor praat, staan Jesus self in hul midde en sê vir hulle: Vrede vir julle! Toe het hulle verskrik en baie bang geword en gemeen dat hulle 'n gees sien. En Hy sê vir hulle: Waarom is julle ontsteld en waarom kom daar twyfel in julle hart op? Kyk na my hande en my voete, want dit is Ek self. Voel aan My en kyk; want 'n gees het nie vlees en bene soos julle sien dat Ek het nie. En terwyl Hy dit sê, wys Hy hulle sy hande en sy voete.”
LUKAS 24:36-40 AFR53