DIENAARS
Janine Forsyth
- 5 minutes read - 959 wordsJulle weet dat die wat gereken word as owerstes van die nasies, oor hulle heers, en dat hulle groot manne oor hulle gesag uitoefen; maar so moet dit onder julle nie wees nie, maar elkeen wat onder julle groot wil word, moet julle dienaar wees. En elkeen wat onder julle die eerste wil word, moet almal se dienskneg wees. Want die Seun van die mens het ook nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as 'n losprys vir baie.”
God wou altyd ons Koning wees. Die Israeliete het God verwerp en wou ‘n koning hê soos die heidin nasies. Samuel het hulle gewaarsku daarteen, maar die Israeliete het aangedring op ‘n koning wat oor hulle heers. Toe Jesus kom het Hy gekom as ons geestelike Koning. Hy het nooit die wêreldse leiers vervang nie. Jakobus en Johannes wou langs Jesus sit in die Hemel. Die ander dissipels het hulle daaroor berispe. Jesus het gesê dat in die wêreld heers owerstes oor die nasies en groot manne oefen gesag oor ander uit. In God se koninkryk werk dit anders en Sy volgelinge moet dienaars wees. Ons leier en Koning is in ‘n nederige stal gebore. Hy het gesterf vir ons en deel Sy outoriteit met ons. Jesus is anders as enige ander koning en daarom moet ons ook dienaars soos Hy wees.
“Toe kom al die oudstes van Israel bymekaar, en hulle gaan na Samuel in Rama en sê vir hom: Kyk, u is oud, en u seuns wandel nie in u weë nie; stel nou 'n koning oor ons aan om ons te rig soos by al die nasies. Maar die woord was verkeerd in die oë van Samuel toe hulle gesê het: Gee ons 'n koning om ons te rig, en Samuel het tot die Here gebid. Toe sê die Here vir Samuel: Luister na die volk in alles wat hulle aan jou sê, want nie jou het hulle verwerp nie, maar My het hulle verwerp om nie koning oor hulle te wees nie. Soos al die werke wat hulle gedoen het, van dié dag af dat Ek hulle uit Egipte laat optrek het tot vandag toe, dat hulle My verlaat en ander gode gedien het — so doen hulle ook met jou. Luister dan nou na hulle: jy moet hulle net ernstig waarsku en hulle die reg van die koning meedeel wat oor hulle sal regeer. Samuel het toe al die woorde van die Here oorgebring aan die volk wat 'n koning van hom gevra het. En hy het gesê: Dit sal die reg wees van die koning wat oor julle sal regeer: Julle seuns sal hy neem en hulle vir homself aanstel by sy wa en by sy perde, dat hulle voor sy wa uit hardloop; en om hulle vir homself aan te stel as owerstes oor duisend en owerstes oor vyftig, en om sy land te ploeg en om sy oes in te samel, en om sy oorlogswapens en gereedskap vir sy strydwaens te maak. Ook julle dogters sal hy neem as salfmengsters en as kooksters en baksters. En van julle lande en julle wingerde en julle olyfboorde sal hy die beste neem en aan sy dienaars gee. En van julle saailande en julle wingerde sal hy die tiendes neem en dit aan sy hofdienaars en sy dienaars gee. En julle slawe en slavinne en julle beste jongmanne en julle esels sal hy neem en vir sy werk gebruik. Van julle kleinvee sal hy die tiendes neem, en self sal julle sy slawe wees. En in dié dag sal julle roep vanweë jul koning wat julle vir jul verkies het, en die Here sal julle in dié dag nie verhoor nie. Maar die volk het geweier om na Samuel te luister en gesê: Nee, maar daar moet 'n koning oor ons wees, dat ons ook kan wees soos al die nasies — dat ons koning ons kan rig en voor ons uit trek en ons oorloë voer. En Samuel het al die woorde van die volk aangehoor en dit voor die ore van die Here uitgespreek. Toe sê die Here vir Samuel: Luister na hulle en stel 'n koning oor hulle aan. En Samuel het vir die manne van Israel gesê: Gaan heen, elkeen na sy stad.”
I SAMUEL 8:4-22 AFR53
“En hulle antwoord Hom: Gee aan ons dat ons mag sit in u heerlikheid, een aan u regter- en een aan u linkerhand. Maar Jesus sê vir hulle: Julle weet nie wat julle vra nie. Kan julle die beker drink wat Ek drink, en gedoop word met die doop waarmee Ek gedoop word? En hulle antwoord Hom: Ons kan. Maar Jesus sê vir hulle: Dis waar, die beker wat Ek drink, sal julle drink, en met die doop waarmee Ek gedoop word, sal julle gedoop word; maar om te sit aan my regter- en aan my linkerhand, berus nie by My om te gee nie, maar dit is vir hulle vir wie dit berei is. En toe die tien dit hoor, begin hulle verontwaardig te word oor Jakobus en Johannes. Maar Jesus het hulle na Hom geroep en vir hulle gesê: Julle weet dat die wat gereken word as owerstes van die nasies, oor hulle heers, en dat hulle groot manne oor hulle gesag uitoefen; maar so moet dit onder julle nie wees nie, maar elkeen wat onder julle groot wil word, moet julle dienaar wees. En elkeen wat onder julle die eerste wil word, moet almal se dienskneg wees. Want die Seun van die mens het ook nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as 'n losprys vir baie.”
MARKUS 10:37-45 AFR53