Die nommer 17 in Die Bybel
- 7 minutes read - 1411 wordsVolgens Psalms 83 het God 17 vyande, waarvan 7 reeds verslaan is. Die vyand wil steeds die land Israel met al sy inwoners geheel en al uitroei.
Die vyande wat nog nie uitgeroei is nie:
Edom, Ismaeliete, Moab, Hagareners, Gebal, Ammon, Amalek, Filistéa, Tirus en Assur. Dit is dieselfde nasies wat vandag steeds oorlogvoer teen Israel. Ongelukkig ondersteun baie ander lande nou ook hierdie nasies. Wanneer van hierdie mense tot bekering kom is hulle nie meer vyande van God nie. Eendag sal al God se vyande moet rekenskap gee vir hulle dade.
“Want kyk, u vyande maak rumoer, en u haters steek die hoof op. Teen u volk smee hulle listig 'n plan en hou onder mekaar raad teen u verborgenes. Hulle sê: Kom, laat ons hulle vernietig, dat hulle geen volk meer is nie, sodat aan die naam van Israel nie meer gedink word nie. Want hulle het van harte saam raad gehou; teen U sluit hulle 'n verbond: die tente van Edom en die Ismaeliete, Moab en die Hagareners, Gebal en Ammon, en Ámalek, Filistéa saam met die inwoners van Tirus. Ook het Assur by hulle aangesluit; hulle is 'n arm vir die kinders van Lot. Sela. Maak met hulle soos met Mídian, soos met Sísera, soos met Jabin by die spruit Kison: hulle is verdelg by En-Dor, hulle het mis geword vir die grond. Maak hulle, hul edeles, soos Oreb en Seëb, en al hulle vorste soos Seba en Sálmuna, wat sê: Laat ons die woninge van God vir ons in besit neem! My God, maak hulle soos strooi, soos stoppels voor die wind. Soos vuur wat 'n bos verbrand, en soos die vlam wat berge aan die brand steek — vervolg hulle só met u storm en verskrik hulle met u stormwind. Oordek hulle aangesig met skande, dat hulle u Naam kan soek, o Here! Laat hulle beskaamd staan en verskrik wees vir ewig, en laat hulle rooi van skaamte word en omkom; sodat hulle kan weet dat U, wie se Naam Here is, alleen die Allerhoogste is oor die hele aarde.”
PSALMS 83:3-19 AFR53
In Noag se leeftyf het God ‘n vloed gestuur om al die sondige mense uit te roei. Die water het 5 maande lank die oorhand gehad: van die sewentiende van die tweede maand tot die sewentiende van die sewende maand. Vir die sondige mense was 17 ‘n gruwelike nommer. Vir Noag en sy familie was dit wonderlik toe die reën ophou op die sewentiende - Génesis 7:11, 8:4.
Josef was 17 toe sy broers hom verkoop het en hy na Egipte geneem is - Génesis 37:2. Josef het 13 moeilike jare ervaar. Toe hy 30 is het hy die farao se droom uitgelê het en later tweede in bevel geword in Egipte - Génesis 41:46. Moses het Josef se bene saamgeneem met hul trek uit Egipte - Exodus 13:19.
Jakob was 17 jaar (130-147) lank in Egipte voordat hy gesterf het - Génesis 47:28. Die belofte aan Abraham, Isak en Jakob kon nie vervul word in Egipte nie. Jakob se liggaam is teruggeneem na Kanaän om daar begrawe te word - Génesis 50:30. Alhoewel Jakob en sy familie tydelik kos en rus gevind het in Egipte, moes hulle weer terugkeer na Kanaän.
Rehábeam, seun van Salomo was 17 jaar koning oor Juda (Suidelike koninkryk) - 1 Konings 14:21, 2 Kronieke 12:13. Hy was ‘n sondige koning.
Jóahas was 17 jaar lank koning oor Israel (Noordelike koninkryk) - 2 Konings 13:1. Hy was ‘n sondige koning, maar het later berou getoon.
Jeremia het ‘n stuk grond van sy oom gekoop vir 17 shekels silver - Jeremiah 32:9. Jeremia kon nie verstaan waarom God wou hê hy moes die grond koop nie. Koning Sedekía het Jeremia toegesluit omdat hy profeteer het dat Babel die land sou inneem. Dit het toe gebeur, maar God wou hê Jeremia moes grond koop as ‘n profetiese stap dat die mense weer sal terugkeer na Israel, grond koop en daar lewe. Dit was ‘n moeilike tyd, maar God het reeds ‘n plan vir hulle restorasie gehad. Die nommer 17 simboliseer ‘n totale oorwinning of om die vyand te oorwin. Sewentien herinner ons dat daar altyd hoop is. God is goed. Geen ding is vir God te wonderbaar nie.
“(Die leër van die koning van Babel het toe Jerusalem beleër, en die profeet Jeremia was opgesluit in die voorhof van bewaking wat in die huis van die koning van Juda is; waar Sedekía die koning van Juda, hom opgesluit het, met die woorde: Waarom profeteer jy en sê: So spreek die Here: Kyk, Ek gee hierdie stad in die hand van die koning van Babel, en hy sal dit inneem; en Sedekía, die koning van Juda, sal uit die hand van die Chaldeërs nie ontvlug nie; maar hy sal sekerlik oorgegee word in die hand van die koning van Babel, en hy sal mond tot mond met hom spreek en oog in oog hom sien; en hy sal Sedekía na Babel bring, en daar sal hy wees totdat Ek op hom ag gee, spreek die Here. Alhoewel julle teen die Chaldeërs veg, sal julle tog geen voorspoed hê nie.) En Jeremia het gesê: Die woord van die Here het tot my gekom en gesê: Kyk, Hanámeël, die seun van Sallum, jou oom, kom na jou toe met die woorde: Koop vir jou my stuk grond wat in Ánatot lê, want jy het die reg van lossing om te koop. En Hanámeël, die seun van my oom, het na my gekom volgens die woord van die Here in die voorhof van bewaking en vir my gesê: Koop tog my stuk grond wat in Ánatot in die land Benjamin lê, want jy het die reg van besit en jy het die lossing; koop dit vir jou. Toe het ek gemerk dat dit die woord van die Here was. Daarop het ek van Hanámeël, die seun van my oom, die stuk grond gekoop wat in Ánatot lê, en vir hom die geld afgeweeg: sewentien sikkels silwer. So spreek die Here van die leërskare, die God van Israel: Neem hierdie briewe, hierdie koopbrief, die verseëlde een sowel as hierdie oop brief, en sit hulle in 'n erdepot, dat hulle baie dae kan bly bestaan. Want so sê die Here van die leërskare, die God van Israel: Daar sal weer huise en gronde en wingerde in hierdie land gekoop word. Ag, Here Here, kyk, U het die hemel en die aarde gemaak deur u grote krag en deur u uitgestrekte arm; geen ding is vir U te wonderbaar nie. En tog het U, Here Here, self aan my gesê: Koop vir jou die stuk grond vir geld en neem getuies, terwyl die stad in die hand van die Chaldeërs oorgegee is! Toe het die woord van die Here tot Jeremia gekom en gesê: Kyk, Ek is die Here, die God van alle vlees; sou enige ding vir My te wonderbaar wees? Daarom, so spreek dan nou die Here, die God van Israel, aangaande hierdie stad waarvan julle sê: Dit is in die hand van die koning van Babel oorgegee deur die swaard en die hongersnood en die pes — kyk, Ek laat hulle bymekaarkom uit al die lande waarheen Ek hulle verdryf het in my toorn en in my grimmigheid en in groot gramskap; en Ek sal hulle na hierdie plek terugbring en hulle veilig laat woon. En hulle sal vir My 'n volk wees, en Ek sal vir hulle 'n God wees. En Ek sal hulle een hart en een weg gee om My altyd te vrees, hulle ten goede en hulle kinders ná hulle. En Ek sal 'n ewige verbond met hulle sluit, dat Ek My van hulle nie sal afwend om aan hulle goed te doen nie; en Ek sal my vrees in hulle hart gee, sodat hulle van My nie afwyk nie. En daar sal grond gekoop word in hierdie land waarvan julle sê: Dit is 'n wildernis, sonder mens of dier; dit is in die hand van die Chaldeërs oorgegee. Gronde sal hulle vir geld koop en die briewe onderteken en verseël en getuies neem, in die land Benjamin en in die omstreke van Jerusalem en in die stede van Juda en in die stede van die Gebergte en in die stede van die Laeveld en in die stede van die Suidland; want Ek sal hulle lot verander, spreek die Here.”
JEREMIA 32:2-9, 14-15, 17, 25-27, 36-40, 43-44 AFR53