Die Perfekte Toonhoogte
- 6 minutes read - 1179 wordsDie nommer 444 word algemeen beskou as die nommer van die profeet of die wat afgesonder is vir God. Lees die volgende verse:
Johannes 4:44
Jesaja 44:4
Jeremia 44:4
Eségiël 44:4
2 Konings 4:44
Hierdie mense het gewoonlik God se guns ervaar omdat hulle hulself afgesonder het vir God.
“For they got not the land [of Canaan] in possession by their own sword, neither did their own arm save them; but Your right hand and Your arm and the light of Your countenance [did it], because You were favorable toward and did delight in them. You are my King, O God; command victories and deliverance for Jacob (Israel).”
Psalm 44:3-4 AMPC
“Want hulle het die land nie deur hul swaard in besit geneem nie, en hul arm het hulle nie die oorwinning gegee nie, maar u regterhand en u arm en die lig van u aangesig, omdat U 'n welbehae in hulle gehad het. U self is my Koning, o God! Gebied die oorwinninge van Jakob.”
PSALMS 44:4-5 AFR53
Die wat hulself afsonder vir God sal dikwels lofsange tot God sing. Wanneer jy God loof en prys in moeilike omstandighede sal God uitkoms bring.
“Tog is U die Heilige wat woon onder die lofsange van Israel!”
PSALMS 22:4 AFR53
“Toe skreeu die volk, en hulle het op die horings geblaas; en toe die volk die geluid van die horing hoor, het die volk 'n groot krygsgeskreeu aangehef; en die muur (van Jérigo) het op sy plek ingeval, en die volk het in die stad geklim, elkeen reg voor hom uit, en hulle het die stad ingeneem.”
JOSUA 6:20 AFR53
“En hy het met die volk beraadslaag en tot eer van die Here sangers opgestel wat, in heilige sieraad, moes lofsing en by die uittrek op die voorpunt van die gewapendes moes sê: Loof die Here, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid! En op die oomblik toe hulle die gejubel en die lofsang aanhef, het die Here 'n hinderlaag opgestel teen die kinders van Ammon, Moab en die mense van die gebergte Seïr wat teen Juda gekom het, sodat hulle verslaan is.”
II KRONIEKE 20:21-22 AFR53
“So is Petrus dan in die gevangenis bewaak; maar daar het 'n aanhoudende gebed tot God deur die gemeente vir hom opgegaan. En toe Herodes hom wou voorbring, het Petrus in daardie nag tussen twee soldate geslaap, met twee kettings geboei, en wagte voor die deur het die gevangenis bewaak. En meteens staan daar 'n engel van die Here by hom, en 'n lig skyn in die gevangenis. Toe slaan hy Petrus op die sy, maak hom wakker en sê: Staan gou op! En die boeie het van sy hande afgeval. En toe hulle by die eerste en die tweede wag verbygegaan het, kom hulle by die ysterpoort wat na die stad lei, en dit het vanself vir hulle oopgegaan. En hulle het buitekant gekom en een straat ver gegaan, en dadelik het die engel hom verlaat.”
HANDELINGE 12:5-7, 10 AFR53
“En omtrent middernag het Paulus en Silas gebid en lofliedere tot eer van God gesing; en die gevangenes het na hulle geluister. En skielik kom daar 'n groot aardbewing, sodat die fondamente van die gevangenis geskud het. En onmiddellik het al die deure oopgegaan en die boeie van almal het losgeraak.”
HANDELINGE 16:25-26 AFR53
Die engele sing tot eer van God en gevolglik begin die drumpelposte bewe en hulle sien die Aarde vol van God se heerlikheid. Die engele sing op ‘n toonhoogte wat portale oopmaak vir God se heerlikheid om Aarde toe te kom. Dan kan ons lofsange ook portale oopmaak vir God se heerlikheid.
“Serafs het bo Hom gestaan; elkeen het ses vlerke gehad: met twee het hy sy aangesig bedek, en met twee het hy sy voete bedek, en met twee het hy gevlieg. En die een het die ander toegeroep en gesê: Heilig, heilig, heilig is die Here van die leërskare. Die hele aarde is van sy heerlikheid vol! En die drumpelposte het gebewe van die geluid van die roepers, en die huis het vol rook geword.”
JESAJA 6:2-4 AFR53
“Sing tot eer van die Here 'n nuwe lied, sy lof van die einde van die aarde af — julle wat op die see vaar, en alles wat daarin is, eilande en bewoners daarvan. Laat die woestyn en sy stede uitroep, die dorpe waar Kedar woon! Laat die rotsbewoners jubel, van die top van die berge af skreeu! Laat hulle aan die Here die eer gee en sy lof in die eilande verkondig! Die Here sal uittrek soos 'n held; Hy sal die ywer opwek soos 'n krygsman; Hy sal die strydkreet aanhef, ja uitskreeu, teen sy vyande Hom as held openbaar. Ek het baie lank geswyg, My stil gehou, My bedwing. Ek sal uitskreeu soos een wat baar, Ek sal hard asemhaal en hyg tegelykertyd. Ek sal berge en heuwels woes maak en al hulle plante laat verdroog; en Ek sal riviere tot eilande maak en waterplasse laat opdroog. En Ek sal blindes lei op 'n weg wat hulle nie ken nie, hulle laat loop op paaie wat vir hulle onbekend is; Ek sal die duisternis lig maak voor hulle uit en die hobbelagtige plekke gelyktes. Dit is die dinge wat Ek doen en nie nalaat nie.”
JESAJA 42:10-16 AFR53
In 1 Samuel 16:14-23 moet Dawid musiek maak vir koning Saul wanneer die bose geeste die koning pla. Daar word geglo Dawid het op die perfekte toonhoogte - 444 Hz - gespeel. Vandag word ‘n frekwensie van 440Hz as standaard gebruik. Die term ‘sleutel van Dawid’ kan dus ook verwys na musiek (of jou stem) wat deure (portale) oopmaak. Die regte toonhoogte maak deure oop. Wat is jou toonhoogte? ‘n Lewe oorgegee aan God gee jou die perfekte toonhoogte. As jy God se stem hoor is jy profeties en sal jy God se guns ervaar. Ons kan nie ons stem mors op onsinnige praatjies nie, want ons gaan verantwoording doen vir alles wat ons sê (Matthéüs 12:36-37). Jou hart bepaal jou toonhoogte. Jy kan van nature lekker vals sing en steeds die perfekte toonhoogte hê. Wanneer jou hart reg is met God sal jou geestelike toonhoogte ook 444 Hz wees en jy sal dieselfde krag en outoriteit hê as wat Jesus gehad het.
“En Ek sal die sleutel van die huis van Dawid op sy skouer lê; en hy sal oopmaak, en niemand sal sluit nie; en hy sal sluit, en niemand sal oopmaak nie.”
JESAJA 22:22 AFR53
“en die lewende; en Ek was dood en kyk, Ek leef tot in alle ewigheid. Amen. En Ek het die sleutels van die doderyk en van die dood.”
OPENBARING 1:18 AFR53
“Ek ken jou werke. Kyk, Ek het voor jou 'n geopende deur gegee, en niemand kan dit sluit nie, want jy het min krag en jy het my woord bewaar en my Naam nie verloën nie.”
OPENBARING 3:8 AFR53