Dieselfde Heilige Gees
- One minute read - 197 wordsWaar Jesus ook al gegaan het was daar krag vir genesing.
“EN op een van dié dae was Hy besig om te leer; en Fariseërs en wetgeleerdes wat gekom het uit elke dorp van Galiléa en Judéa en uit Jerusalem, het daar gesit, en daar was krag van die Here om hulle te genees.”
LUKAS 5:17 AFR53
“En die hele skare het probeer om Hom aan te raak, omdat krag van Hom uitgegaan het, en Hy het almal gesond gemaak.”
LUKAS 6:19 AFR53
Na Jesus opgevaar het lees ons hoe selfs Petrus se skaduwee mense genees.
“sodat hulle die siekes op die strate uitgedra en op bedde en draagbare gelê het, met die bedoeling dat, as Petrus kom, al was dit net sy skaduwee op iemand van hulle sou val.
En die menigte van die stede in die omtrek het ook in Jerusalem bymekaargekom en siekes gebring en mense wat deur onreine geeste gekwel was; en hulle is almal genees.”
HANDELINGE 5:15-16 AFR53
Ons het presies dieselfde Heilige Gees ontvang en daarom het ons ook die krag om te genees. Elke kind van God ongeag jou verlede, ras, ouderdom of geslag het die krag van God ontvang.