Die siek man by Betésda
- One minute read - 178 wordsJohannes 5:1-15
Ons het die laaste 2 dae die “Spirit School” van Dr. Kevin Zadai bygewoon. Hy het genoem dat die siek man by Betésda gewag het vir God om te beweeg. God het ‘n engel gestuur om die water te beweeg en iemand sou gesond word. Mense in die Ou Testament het gewoonlik gewag dat God beweeg. Skielik was Jesus op die toneel en dinge was anders. Jesus het vir die man gevra of hy gesond wil wees en daarna vir hom opdrag gegee om te loop. Jesus het die outoriteit wat Adam en Eva verloor het aan die mensdom teruggegee. Dikwels wag die kerk vir God om te beweeg. Almal wag vir die kamele of God se heerlikheid om te kom. Jesus het vir ons gewys dat die mens outoriteit het om dinge te laat gebeur. Jy kan self ‘n woord van God ontvang. Jy het dieselfde Heilige Gees ontvang as wat Jesus ontvang het. Neem jy outoriteit oor jou situasie of wag jy op God of ‘n ander Christen om jou situasie te verander?