DIE SIEL
Janine Forsyth
- 8 minutes read - 1668 wordsDie mens bestaan uit liggaam, siel en gees. Kom ons kyk wat sê die Bybel oor die siel.
Ragel se siel het uitgegaan toe sy sterf - Génesis 35:18. Slegs die liggaam van ‘n mens word begrawe, want die gees en die siel verlaat die liggaam.
Wanneer jy lief is vir iemand kan jou siel verkleef raak aan daardie persoon se siel - Génesis 34:3,8; 1 Samuel 18:1,3, 20:3,4,17. Sielsbande kan vorm tussen ‘n man en vrou of tussen goeie vriende.
Josef se siel was benoud toe sy broers hom verkoop het - Génesis 42:21.
Begeertes van die siel veroorsaak sonde - Levítikus 4,5,6,17.
In die Ou Testament was daar baie reëls wat daar toe aanleiding kon gee dat ‘n siel (mens) afgesny kon word van die groep - Exodus Génesis 17:4, 12:15,19, 31:14; Levítikus 10:8, 20:6, 22:3;
Toe die Israeliete net manna gehad het om te eet was hul siele dor - Númeri 11:6, 21:5.
Die siel kan mismoedig, bekommerd of verbitterd raak - Númeri 21:5, Rigters 10:16, 1 Samuel 30:6; Job 10:1.
God het Dawid se siel verlos uit benoudheid met Saul se dood - 2 Samuel 4:9.
Elía het die dooie seun se siel teruggeroep en hy het lewendig geword - 1 Konings 17:21-22.
Maria se siel het God geprys.
“EN Maria het gesê: My siel maak die Here groot, en my gees is verheug in God, my Saligmaker;”
LUKAS 1:46-47 AFR53
Om te lewe het ons ‘n siel nodig. Ons moet God soek met ons hele hart en siel. Ook moet ons God liefhê met ons hele hart en siel. Om ‘n siel te hê beteken dat jy steeds lewe. Dit is dus nie ‘n slegte ding nie, maar ons moet seker maak dat ons nie sonde doen nie. Begeerte na God of begeerte na sonde ontstaan in ‘n mens se siel. Daarom benodig ons Heilige Gees leiding om ons op die regte pad te hou. Petrus en Paulus se lewens het drasties verander toe hulle God se Gees ontvang het.
“GELIEFDES, ek vermaan julle as bywoners en vreemdelinge om julle te onthou van vleeslike begeertes wat stryd voer teen die siel;”
I PETRUS 2:11 AFR53
“Toe my siel in my versmag het, het ek aan die Here gedink; en my gebed het tot by U gekom in u heilige tempel.”
JONA 2:7 AFR53
“En ek sal vir my siel sê: Siel, jy het baie goed wat weggesit is vir baie jare; neem rus, eet, drink, wees vrolik. Maar God het aan hom gesê: Jou dwaas, in hierdie nag sal hulle jou siel van jou afeis; en wat jy gereedgemaak het, wie s'n sal dit wees?”
LUKAS 12:19-20 AFR53
“Neem jou net in ag en wees terdeë op jou hoede, dat jy die dinge nie vergeet wat jou oë gesien het nie, en dat hulle uit jou hart nie wyk al die dae van jou lewe nie; en jy moet dit aan jou kinders en jou kindskinders bekend maak:
Dan sal julle daarvandaan die Here jou God soek en vind as jy Hom met jou hele hart en jou hele siel soek.”
DEUTERONÓMIUM 4:9, 29 AFR53
“Daarom moet jy die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag.”
DEUTERONÓMIUM 6:5 AFR53
“En Jesus antwoord hom: Die eerste van al die gebooie is: Hoor, Israel, die Here, onse God, is 'n enige Here; en jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele verstand en uit jou hele krag. Dit is die eerste gebod. En die tweede, hieraan gelyk, is dit: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Daar is geen ander gebod groter as dié nie.”
MARKUS 12:29-31 AFR53
God het ook ‘n siel.
“En Ek sal my tabernakel onder julle oprig, en my siel sal van julle geen afsku hê nie. En Ek sal in jul midde wandel en vir julle 'n God wees, en júlle sal vir My 'n volk wees. Ek is die Here julle God wat julle uit Egipteland uitgelei het, dat julle nie hulle slawe moet wees nie; en Ek het julle jukskeie verbreek en het julle regop laat loop.”
LEVÍTIKUS 26:11-13 AFR53
“Julle nuwemane en julle feestye haat my siel; hulle is My 'n oorlas. Ek is moeg om dit te dra.”
JESAJA 1:14 AFR53
“Kyk, my Kneg wat Ek uitverkies het, my Geliefde in wie my siel 'n welbehae het! Ek sal my Gees op Hom lê, en Hy sal aan die nasies die reg aankondig.”
MATTHÉÜS 12:18 AFR53
Jesus se siel was ontsteld voor Sy kruisiging.
“Nou is my siel ontsteld, en wat sal Ek sê? Vader, red My uit hierdie uur? Maar hierom het Ek in hierdie uur gekom.”
JOHANNES 12:27 AFR53
Jesus se siel het nie in die hel agtergebly nie, maar is opgewek 3 dae later.
“het hy, omdat hy dit vooruit gesien het, gespreek van die opstanding van Christus, dat sy siel nie in die doderyk verlaat is en sy vlees ook nie verderwing gesien het nie. Hierdie Jesus het God opgewek, waarvan ons almal getuies is.”
HANDELINGE 2:31-32 AFR53
God verkwik die mens se siel. Die mens is gemaak om in verhouding met God te leef. Hy gee vreugde aan ons siel.
“Die wet van die Here is volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van die Here is gewis: dit gee wysheid aan die eenvoudige.”
PSALMS 19:8 AFR53
“Hy verkwik my siel; Hy lei my in die spore van geregtigheid, om sy Naam ontwil.”
PSALMS 23:3 AFR53
“Want Ek verkwik die vermoeide siel en elke kwynende siel versadig Ek.”
JEREMIA 31:25 AFR53
Die mens se siel moet gered word. Jesus is die enigste Een wat ‘n siel kan red. Ek glo diep binne elke mens se siel is daar ‘n behoefte na God.
“Ons siel wag op die Here; Hy is ons hulp en ons skild;”
PSALMS 33:20 AFR53
“Die Here verlos die siel van sy knegte; en almal wat by Hom skuil, hoef nie te boet nie.”
PSALMS 34:23 AFR53
“Maar my siel sal juig in die Here, dit sal bly wees in sy heil.”
PSALMS 35:9 AFR53
“Soos 'n hert wat smag na waterstrome, so smag my siel na U, o God! My siel dors na God, na die lewende God; wanneer sal ek ingaan en voor die aangesig van God verskyn?”
PSALMS 42:2-3 AFR53
“Ja, my siel is stil tot God; van Hom is my heil.
Wees net maar stil tot God, my siel, want van Hom is my verwagting!”
PSALMS 62:2, 6 AFR53
“Die siel van die goddelose begeer die kwaad; sy naaste vind in sy oë geen genade nie.
Hy wat sy mond en sy tong bewaar, bewaar sy siel van benoudhede.”
SPREUKE 21:10, 23 AFR53
“Want wat sal dit 'n mens baat as hy die hele wêreld win en aan sy siel skade ly? Of wat sal 'n mens gee as losprys vir sy siel?”
MARKUS 8:36-37 AFR53
“En elke siel wat nie na dié Profeet (Jesus) luister nie, sal uit die volk uitgeroei word.”
HANDELINGE 3:23 AFR53
“wat elkeen sal vergeld na sy werke: aan die wat deur volharding in goeie werke heerlikheid, eer en onverganklikheid soek — die ewige lewe; maar aan die wat eiesinnig en aan die waarheid ongehoorsaam, maar aan die ongeregtigheid gehoorsaam is — grimmigheid en toorn; verdrukking en benoudheid oor die siel van elke mens wat kwaad doen, oor die Jood eerste en ook oor die Griek; maar heerlikheid en eer en vrede vir elkeen wat goed doen, vir die Jood eerste en ook vir die Griek. Want daar is geen aanneming van die persoon by God nie.”
ROMEINE 2:6-11 AFR53
“En mag Hy, die God van die vrede, julle volkome heilig maak, en mag julle gees en siel en liggaam geheel en al onberispelik bewaar word by die wederkoms van onse Here Jesus Christus!”
I THESSALONICENSE 5:23 AFR53
“Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is 'n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart.”
HEBREËRS 4:12 AFR53
“en ons het dit as 'n anker van die siel wat veilig en vas is en ingaan tot binnekant die voorhangsel waar Jesus as voorloper vir ons ingegaan het, Hy wat volgens die orde van Melgisédek 'n hoëpriester geword het vir ewig.”
HEBREËRS 6:19-20 AFR53
“Maar die regverdige sal uit die geloof lewe; en as hy hom onttrek, het my siel geen welbehae in hom nie. Maar by ons is daar geen onttrekking tot verderf nie, maar geloof tot behoud van die lewe.”
HEBREËRS 10:38-39 AFR53
Ons moet die Woord versprei sodat Jesus mense se siele kan red.
“Broeders, as een onder julle van die waarheid afgedwaal het en iemand hom bekeer, laat hy weet dat die een wat 'n sondaar van sy dwaalweg bekeer, 'n siel uit die dood sal red en 'n menigte sondes sal bedek.”
JAKOBUS 5:19-20 AFR53
“en die regverdige Lot gered het, wat hom baie gekwel het oor die losbandige lewe van die sedelose mense; want deur wat hy gesien en gehoor het, het dié regverdige man, wat onder hulle gewoon het, dag vir dag sy regverdige siel gepynig oor hulle wettelose werke — die Here weet om die godsaliges uit versoeking te verlos en die onregverdiges te bewaar vir die dag van oordeel om gestraf te word;”
II PETRUS 2:7-9 AFR53
God wil hê dat dit goed moet gaan met jou siel. Jou siel se toestand kan moontlik jou gesondheid beïnvloed.
“Geliefde, ek wens dat dit met jou in alles goed mag gaan en dat jy gesond is, soos dit met jou siel goed gaan;”
III JOHANNES 1:2 AFR53