DIE SKUILPLEK
Janine Forsyth
- 2 minutes read - 270 wordsMoses het God se heerlikheid gesien vanuit ‘n skeur in die rots. Die rots was Jesus. Vanuit ‘n posisie van intimiteit het Moses God se heerlikheid gesien. God het ook die geskiedenis van die wêreld met Moses gedeel sodat hy die eerste 4 boeke van die Bybel kon skryf. Moses was vir 40 dae in die wolk van heerlikheid, op die berg Sinai, om die wet te ontvang. In die skuilplek by die Allerhoogste het Moses openbaring van God ontvang en die heerlikheid van God gesien.
“En as my heerlikheid verbygaan, sal Ek jou in die skeur van die rots stel en jou met my hand oordek totdat Ek verbygegaan het.”
EXODUS 33:22 AFR53
“en almal dieselfde geestelike drank gedrink het, want hulle het gedrink uit 'n geestelike rots wat gevolg het, en die rots was Christus.”
I KORINTHIËRS 10:4 AFR53
Wanneer ons stil word by ons Vader sal ons nader aan Jesus kom en Heilige Gees sal ons vertroos en die toekoms met ons deel. God se heerlikheid sal volg; Hy is steeds ons skuilplek.
“HY wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit, sal vernag in die skaduwee van die Almagtige.”
PSALMS 91:1 AFR53
“My duif in die rotsklowe, in die skuilplek by die krans, laat my u gedaante sien, laat my u stem hoor; want u stem is soet, en u gedaante is lieflik.”
HOOGLIED 2:14 AFR53
“Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.”
MATTHÉÜS 6:6 AFR53