DIE TYDLYN VAN ADAM TOT ISAK (0-2228)
- 5 minutes read - 966 wordsVolgens die Joodse kalender is ons nou in die jaar 5784. Ons gebruik ‘n kalender wat verwys na die tyd na Jesus se geboorte. Dit is nou 2024 jaar na Christus se geboorte. Sommige skrywers glo Jesus is selfs 3 of 4 jaar vroeër gebore. Daar is dus ‘n tydperk van ongeveer 3760 voor Christus se geboorte waar die gebeure van die Ou Testament plaasgevind het. Die begin (0) kan dus ook 3760 voor Christus wees.
Lees GÉNESIS 5, 10, 11, 16, 21, 25, 35,
Die hakies() dui die geslag aan. Daar was 22 geslagte van Adam tot Jakob en Esau.
0 - Adam en Eva (1) - Die skepping
130 - Set (2)
235 - Enos word gebore (3)
325 - Kenan (4)
395 - Mahalálel (5)
460 - Jered (6)
622 - Henog (7)
687 - Metúsalag word gebore (8)
874 - Lameg (9)
930 - Adam sterf: 930
987 - Henog was 365 toe hy Hemel toe is.
1042 - Set sterf: 912
1056 - Noag (10)
1140 - Enos sterf: 905
1235 - Kenan sterf: 910
1290 - Mahalálel sterf: 895
1422 - Jered sterf: 962
1556/1558- Sem (11)
1651 - Lameg sterf: 777
1656 - Metúsalag sterf toe hy 969 is.
⁃ Die vloed, net Noag (600) en sy familie oorleef.
1658 - Arpágsad (12)
1693 - Selag (13)
1723 - Heber (14) - Vader van die Hebreërs
1757 - Peleg (15) - Die tyd van Babel, waar die mense verstrooi word.
1787 - Rehu (16)
1819 - Serug (17)
1849 - Nahor (18)
1878 - Tera (19)
1948 - Abram (20)
1994 - Rehu sterf: 239
2006 - Noag sterf: 950
2034 - Ishmael
2048 - Isak (21)
2049 - Serug sterf: 230
2083 - Tera sterf: 205
2096 - Arpágsad sterf: 438.
2108 - Jakob en Esau (22)
2123 - Abraham sterf: 175
2158 - Sem sterf: 600
2228 - Isak sterf: 180
“Toe Adam honderd-en-dertig jaar oud was, het hy 'n seun verwek na sy gelykenis, na sy ewebeeld, en hom Set genoem.”
GÉNESIS 5:3 AFR53
Die Hebreeuse teks sê Adam was 130 jaar oud toe Set gebore is, terwyl die Griekse teks en Josephus se boeke sê dat Adam 100 jaar ouer was. Volgens hulle was Adam 230 jaar oud toe Set gebore is. Adam is geskep as ‘n volwassene en daar het ‘n tydperk verloop van sy skepping tot Set se geboorte.
Toe Adam sterf was daar reeds 9 geslagte op aarde. Noag was die tiende geslag en hy het gesterf na Abraham se geboorte, nog 10 geslagte later.
Metúsalag, die oudste man, het die jaar van die vloed gesterf.
Henog was ‘n regverdige man en het na 365 jaar na die Hemel gegaan. Hy was die sewende geslag op aarde en die nommer 7 dui op perfeksie en voltooid.
“En Henog het met God gewandel; en hy was daar nie meer nie, want God het hom weggeneem.”
GÉNESIS 5:24 AFR53
“En Henog, die sewende van Adam af, het ook teen hulle geprofeteer en gesê: Kyk, die Here het gekom met sy heilige tienduisendtalle,”
JUDAS 1:14 AFR53
As Noag 500 was toe Sem gebore is, is Sem in 1556 (vloed) gebore. Dit weerspreek die vers wat sê Sem was 100 toe sy seun 2 jaar na die vloed gebore is. Ek neem aan Noag was 502 toe Sem gebore is in 1558. Sommige Bybels sê na Noag 500 jaar oud is, is Sem gebore, wat meer sin maak.
“En Noag was vyfhonderd jaar oud, en Noag het die vader geword van Sem, Gam en Jafet.”
GÉNESIS 5:32 AFR53
Genesis 5:32 TPT
After Noah had lived five hundred years, he fathered Shem, Ham, and Japheth.
“En Noag was seshonderd jaar oud toe die watervloed oor die aarde gekom het. En Noag en sy seuns en sy vrou en die vroue van sy seuns saam met hom het in die ark gegaan vanweë die waters van die vloed.”
GÉNESIS 7:6-7 AFR53
“DIT is die stamboom van Sem: Toe Sem honderd jaar oud was, het hy die vader van Arpágsad geword, twee jaar ná die vloed.”
GÉNESIS 11:10 AFR53
Heber was die vader van die Hebreërs en sy seun Peleg het geleef met die bou van die toring van Babel. Die kleinseuns van Jafet is versprei oor die kuslande en elkeen het sy eie taal gepraat - Génesis 10:4-5. Sommige Bybels sê dat die aarde verdeel is. Nie net is die mense versprei nie, maar die aarde het moontlik hier uitmekaar geskuif.
“En ook vir Sem, die stamvader van al die seuns van Heber, die ouer broer van Jafet, is seuns gebore. En vir Heber is twee seuns gebore; die naam van die een was Peleg, want in sy dae het die aardbewoners verdeeld geraak (Babel); en die naam van sy broer was Joktan.”
GÉNESIS 10:21, 25 AFR53
Genesis 10:25 KJV
And unto Eber were born two sons: the name of one was Peleg; for in his days was the earth divided; and his brother's name was Joktan.
Abram is na 1948 jaar gebore. Hy word beskou as die Vader van die nasies. Israel het in 1948 (na Christus) onafhanklik geword.
“Toe Tera sewentig jaar oud was, het hy die vader geword van Abram, Nahor en Haran. En dit is die stamboom van Tera: Tera het die vader geword van Abram, Nahor en Haran, en Haran van Lot. En Haran het gesterwe terwyl sy vader Tera nog geleef het, in sy geboorteland, in Ur van die Chaldeërs.”
GÉNESIS 11:26-28 AFR53
In slegs 12 hoofstukke van Génesis sien ons ‘n tydperk van 1948 jaar afspeel tot die geboorte van Abram. Die res van die Ou Testament speel dus af in nog 1812 jaar. Dit is interessant dat alles in die Nuwe Testament in minder as ‘n 100 jaar gebeur het.