Die Weg
- 5 minutes read - 922 wordsDie Ou Testament leer vir ons dat daar ‘n regte en verkeerde weg is, waarop ons kan loop, Die mense het altyd ‘n keuse gehad op watter weg hulle wou loop. ‘n Menigte konings was dwaas en het die verkeerde weg gekies.
“En hy (Ammon) het die Here, die God van sy vaders, verlaat en nie in die weg van die Here gewandel nie.”
II KONINGS 21:22 AFR53
“Ja, ook as die dwaas op die weg wandel, ontbreek sy verstand; en hy sê aan elkeen dat hy 'n dwaas is.”
PREDIKER 10:3 AFR53
“Die Here behoed die vreemdelinge; Hy rig wees en weduwee weer op; maar die weg van die goddelose maak Hy krom.”
PSALMS 146:9 AFR53
“Hy bedink onreg op sy bed; hy gaan staan op 'n weg wat nie goed is nie; wat sleg is, verfoei hy nie.”
PSALMS 36:5 AFR53
“wyk af van die weg, buig af van die pad, laat die Heilige van Israel voor ons aangesig verdwyn!”
JESAJA 30:11 AFR53
“Grysheid is 'n sierlike kroon; dit word gevind op die weg van geregtigheid.”
SPREUKE 16:31 AFR53
“Maar die kinders van jou volk sê: Die weg van die Here is nie reg nie, terwyl tog hulle eie weg nie reg is nie.”
ESÉGIËL 33:17 AFR53
“en baie sal hulle verderflikhede navolg, en om hulle ontwil sal die weg van die waarheid gelaster word;”
II PETRUS 2:2 AFR53
Dawid wou leer hoe om op God se weg te wandel.
“Leer my, Here, u weg: ek sal in u waarheid wandel; verenig my hart tot die vrees van u Naam.”
PSALMS 86:11 AFR53
“Gimel. Laat jou weg aan die Here oor en vertrou op Hom, en Hý sal dit uitvoer;”
“Mem. Deur die Here word die gange van 'n man bevestig, en Hy het 'n welbehae in sy weg.”
PSALMS 37:5,23 AFR53
“Die weg van God is volmaak; die woord van die Here is gelouter; Hy is 'n skild vir almal wat by Hom skuil.”
PSALMS 18:31 AFR53
Job het antwoorde aangaande die weg by God gesoek.
“Waarom gee Hy lig aan 'n man wie se weg verborge is, 'n man wat deur God aan alle kante ingesluit is?”
JOB 3:23 AFR53
“Kyk, God handel verhewe in sy krag; wie is 'n leermeester soos Hy? Wie het Hom sy weg voorgeskrywe? En wie het gesê: U het onreg gedoen?”
JOB 36:22-23 AFR53
“Waar is tog die weg na die woning van die lig? En die duisternis — waar is tog sy plek,”
JOB 38:19 AFR53
“Nogtans hou die regverdige vas aan sy weg, en die wat rein van hande is, neem toe in krag.”
JOB 17:9 AFR53
Selfs in die Ou Testament kon mense instruksie van God ontvang om op die regte weg te bly.
“en jou ore sal 'n woord agter jou hoor wat sê: Dit is die weg, wandel daarop! wanneer julle regs of wanneer julle links wil gaan.”
JESAJA 30:21 AFR53
“Mem. Wie tog is die man wat die Here vrees? Hy sal hom leer aangaande die weg wat hy moet kies.”
PSALMS 25:12 AFR53
“oorleg sal oor jou wag hou, verstand sal jou bewaak, om jou te red van die weg van die slegte, van die mens wat valse dinge spreek; van die wat die paaie van opregtheid verlaat om op weë van duisternis te wandel;”
SPREUKE 2:11-13 AFR53
“En dáár sal 'n grootpad wees en 'n weg wat die heilige weg genoem sal word; geen onreine sal daarop voorttrek nie, maar vir húlle sal dit wees; wie die weg bewandel — selfs die dwase sal nie dwaal nie.”
JESAJA 35:8 AFR53
In die Nuwe Testament ontdek ons dat Jesus hierdie heilige weg is.
“Thomas sê vir Hom: Here, ons weet nie waar U gaan nie, en hoe kan ons die weg ken?”
“Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.”
JOHANNES 14:5-6 AFR53
Jesus se volgelinge was eers die mense van die Weg genoem.
“MAAR Saulus, wat nog dreiging en moord geblaas het teen die dissipels van die Here, het na die hoëpriester gegaan en van hom briewe gevra aan die sinagoges in Damaskus, sodat as hy mense sou vind wat van die Weg was, manne sowel as vroue, hy hulle geboeid na Jerusalem kon bring.”
HANDELINGE 9:1-2 AFR53
“En omtrent hierdie tyd het daar geen klein opskudding met betrekking tot die Weg ontstaan nie.”
HANDELINGE 19:23 AFR53
Eers het Saulus mense van die Weg vermoor en na sy bekering het Paulus niks gedoen wat ‘n hindernis vir die Weg sou wees nie.
“Ons lê nie die minste hindernis in die weg nie, sodat die bediening nie beklad mag word nie;”
II KORINTHIËRS 6:3 AFR53
“Maar beywer julle met die oog op die beste gawes; en ek wys julle 'n nog uitnemender weg.”
I KORINTHIËRS 12:31 AFR53
“Maar mag onse God en Vader self en onse Here Jesus Christus ons weg na julle toe rig;”
I THESSALONICENSE 3:11 AFR53
Sommige mense het nie die weg van vrede geken nie.
“Verwoesting en ellende is in hulle paaie, en die weg van vrede ken hulle nie.”
ROMEINE 3:16-17 AFR53
Met Jesus se dood en opstanding het Hy finiaal ‘n nuwe weg vir ons oopgemaak. Die weg na intimiteit met die Vader is nou vir almal beskikbaar.
“op die nuwe en lewende weg wat Hy vir ons ingewy het deur die voorhangsel heen, dit is sy vlees,”
HEBREËRS 10:20 AFR53
Dit bly steeds jou keuse op watter weg jy wil wandel.