Dit is die Vader se wil om jou te genees.
- 2 minutes read - 306 wordsSoos ek deur Matthéüs lees vind ek soveel verhale van genesing. Dit begin met ‘n vel kondisie wat Jesus genees het. Jesus maak dit baie duidelik dat dit Sy wil is dat die melaatse genees word. Dit is steeds Jesus se wil dat jy genees word.
“en daar het 'n melaatse man gekom en voor Hom neergeval en gesê: Here, as U wil, kan U my reinig. Daarop steek Jesus die hand uit en raak hom aan en sê: Ek wil; word gereinig! En dadelik is hy van sy melaatsheid gereinig.”
MATTHÉÜS 8:2-3 AFR53
Vind ‘n verhaal wat by jou situasie pas en lees dit. Sien jouself in daardie posisie en vertrou Jesus vir jou genesing.
Die hoofman oor honderd se dienskneg was verlam en het baie pyn ervaar - Matthéüs 8:5-13.
Die besetenes van Gádara is genees - Matthéüs 8:28-34. Jesus kan geestelike versteurdes genees.
‘n Verlamde man is genees - Matthéüs 9:1-8.
Jesus het ook dooies opgewek - Matthéüs 9:18-26.
‘n Vrou wat 12 jaar aan bloedvloeiing gely het is genees - Matthéüs 9:20-22.
Blindes en ‘n stomme het gesond geword - Matthéüs 9:27-34,
Jesus het ‘n verdorde hand genees - Matthéüs 12:9-21.
‘n Maansieke kind is genees - Matthéüs 17:14-23.
Dit is Jesus se wil om jou te genees. Doen Nagmaal om jou te herinner dat Jesus duur betaal het vir jou genesing. Vertrou op Jesus vir jou genesing en wanneer jy genees word is dit belangrik om jou storie met ander te deel.
“wat self ons sondes in sy liggaam op die kruishout gedra het, sodat ons die sondes kan afsterwe en vir die geregtigheid lewe; deur wie se wonde julle genees is.”
I PETRUS 2:24 AFR53
“Toe Jesus dit bemerk, het Hy daarvandaan weggegaan, en groot menigtes het Hom gevolg, en Hy het hulle almal gesond gemaak,”
MATTHÉÜS 12:15 AFR53