DIT IS TYD VIR JOU NUWE LEWE
- 2 minutes read - 233 wordsFisiese intimiteit tussen ‘n man en vrou gee aanleiding tot die geboorte van ‘n baba en ‘n nuwe lewe. Intimiteit tussen die bruid en Christus gee ook nuwe lewe. Jy kan geboorte skenk aan jou drome deur intieme tyd by jou Skepper te spandeer. Dis nou tyd om uit jou woestyn seisoen en slawerny te kom. Dis tyd om geboorte te gee aan die nuwe. Die geheim of sleutel tot jou sukses is intimiteit met die Vader.
“Dan spreek die Here met Moses van aangesig tot aangesig soos 'n man met sy vriend spreek. Daarna gaan hy na die laer terug; maar sy dienaar Josua, 'n jongman, die seun van Nun, het hom nie uit die tent verwyder nie.”
EXODUS 33:11 AFR53
Josua moes alleen by die Vader sit sodat hy jare later die Israeliete die Beloofde Land kon inlei.
“Roep My aan, en Ek sal jou antwoord en jou bekend maak groot en ondeurgrondelike dinge wat jy nie weet nie.”
JEREMIA 33:3 AFR53
“Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig.”
JOHANNES 16:13 AFR53
Die Heilige Gees wil God se wonderlike planne (Psalms 139:16, Jeremia 29:11) vir jou lewe, aan jou openbaar, sodat jy jou volle lewensdoel kan uitlewe.