DOOP MET DIE HEILIGE GEES
Janine Forsyth
- 3 minutes read - 428 words“Ek (Johannes) doop julle wel met water tot bekering; maar Hy wat ná my kom, is sterker as ek, wie se skoene ek nie waardig is om aan te dra nie. Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur.”
MATTHÉÜS 3:11 AFR53
Johannes die Doper het mense gedoop en die koms van die Redder aangekondig. Jesus se volgelinge is gedoop in water, maar het eers na Sy dood die doop in die Heilige Gees ontvang. Daar was ‘n doop met water en ‘n verdere doop in die Heilige Gees.
“En nadat Jesus gedoop was, het Hy dadelik uit die water opgeklim, en meteens gaan die hemele vir Hom oop, en Hy sien die Gees van God soos 'n duif neerdaal en op Hom kom. En daar kom 'n stem uit die hemele wat sê: Dit is my geliefde Seun in wie Ek 'n welbehae het.”
MATTHÉÜS 3:16-17 AFR53
Revelation 13:8 MEV
All who dwell on the earth will worship him, all whose names have not been written in the Book of Life of the Lamb who was slain from the foundation of the world.
Jesus is gedoop en Jesus het Heilige Gees ontvang op dieselfde tyd. Voor Jesus gesterf en opgestaan het, het Hy reeds Heilige Gees ontvang asof Hy reeds gesterf en opgestaan het. Jesus was reeds met die fondasie van die aarde gekruisig en kon lewe asof Hy reeds gesterf het. Jesus het vir almal gewys hoe hulle ‘n intieme verhouding met die Vader kon hê en dan sou wondertekens volg. Petrus, Paulus en baie ander sou later Jesus se voorbeeld volg en baie wondertekens doen.
Sommige mense ontvang Heilige Gees met hul doop (onderdompeling). Dit is moontlik om Heilige Gees voor of na jou doop te ontvang. Dit is absoluut noodsaaklik om Heilige Gees leiding te hê.
“want as julle na die vlees lewe, sal julle sterwe, maar as julle deur die Gees die werke van die liggaam doodmaak, sal julle lewe. Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God. Want julle het nie ontvang 'n gees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader! Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is; en as ons kinders is, dan ook erfgename, erfgename van God en mede-erfgename van Christus, as ons naamlik saam met Hom ly, sodat ons ook saam met Hom verheerlik kan word.”
ROMEINE 8:13-17 AFR53