DORING IN DIE VLEES
- 3 minutes read - 630 words“En dat ek my oor die voortreflikheid van die openbaringe nie sou verhef nie, is my 'n doring in die vlees gegee, 'n engel van die Satan, om my met die vuis te slaan, dat ek my nie sou verhef nie. Hieroor het ek die Here drie maal gebid, dat hy van my sou wyk. En Hy het vir my gesê: My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring. Baie liewer sal ek dus in my swakhede roem, sodat die krag van Christus in my kan woon. Daarom het ek behae in swakhede, in mishandelinge, in node, in vervolginge, in benoudhede, om Christus wil. Want as ek swak is, dan is ek sterk.”
II KORINTHIËRS 12:7-10 AFR53
Mense sal dikwels sê God bring moeilikheid oor hul pad. Dit is nie wat die Nuwe Testament sê nie. Paulus sê dat ‘n engel van satan verantwoordelik was vir die doring in sy vlees. Jesus het ook bevestig dat Hy lewe bring en satan onheil bring. Elke goeie ding kom van God.
“Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.”
JOHANNES 10:10 AFR53
“Elke goeie geskenk en elke volmaakte gawe daal van bo af neer, van die Vader van die ligte, by wie daar geen verandering of skaduwee van omkering is nie.”
JAKOBUS 1:17 AFR53
Die Bybel sê nie wat Paulus se die doring in die vlees was nie, maar ons weet Paulus het ‘n moeilike lewe gehad. Paulus het drie keer gebid dat dit weggeneem word, maar God het dit nie weggeneem nie.
“Is hulle dienaars van Christus? — ek praat in uitsinnigheid — ek nog meer: in arbeid oorvloediger, in slae bo die maat, in gevangenskappe baie meer, in doodsgevare dikwels. Vyf maal het ek van die Jode ontvang veertig houe op een na. Drie maal is ek met stokke geslaan, een maal is ek gestenig, drie maal het ek skipbreuk gely, 'n nag en 'n dag het ek op die diepwater deurgebring — dikwels op reis, in gevare van riviere, in gevare van rowers, in gevare van my volk, in gevare van die heidene, in gevare in die stad, in gevare in die woestyn, in gevare op see, in gevare onder valse broeders; in arbeid en moeite, in slapelose nagte dikwels, in honger en dors, dikwels sonder ete, in koue en naaktheid. Behalwe dit alles my daaglikse bekommernis, die sorg vir al die gemeentes.”
II KORINTHIËRS 11:23-28 AFR53
Jesus moes sy kruis dra en wanneer ons Hom wil volg moet ons dieselfde doen.
“TOE sê Jesus vir sy dissipels: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg. Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, sal dit vind.”
MATTHÉÜS 16:24-25 AFR53
Jou doring in die vlees lyk waarskynlik anders as Paulus se doring. Satan het deur mense gewerk om Jesus en Paulus se lewens moeilik te maak. Hy doen dit steeds vandag. Volg Jesus en moenie dat die sorge van die lewe jou onderkry nie. Moenie na mense kyk nie; hou jou oë op Jesus. Gee jou probleme vir Jesus en laat Heilige Gees jou lei. Net Heilige Gees kan mense verander; jy kan nie. Bly hoopvol, want Jesus het die wêreld oorwin. Terwyl jy swak is bly jy afhanklik van Jesus.
“Kyk, Ek stuur julle soos skape onder die wolwe in; wees dan versigtig soos die slange en opreg soos die duiwe.”
MATTHÉÜS 10:16 AFR53
“Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin.”
JOHANNES 16:33 AFR53