DREAM ABOUT DESCEPTION
- 5 minutes read - 1025 wordsDROOM OOR MISLEIDING
‘n Vriendin kom kuier en nooi ons vir ete. Ek kry nie tyd om vir man te vra of te sê nie. Ek sê net vir een van my kinders. Ek dink by myself dis ver, seker ‘n uur se ry daarheen. Ons ry nie; ons loop oor ‘n stukkende brug met vuil water waarin ons moet trap. Daar is rommel in water. Selfs die kant van brug waar ‘n mens moet vashou was baie onstabiel. Ons vriende bly as ‘n gemeenskap saam. Ons kyk van bo na ‘n groep mense buite op ‘n mooi gras met pragtige natuurskoon in die agtergrond. Ons het gedink dit is ‘n Christen geleentheid, maar skielik sien ons dit is ‘n vals godsdiens. Ons het vinnig weggestap. My vriendin gee vir ons toebroodjies en daarna botterbroodjies met room vir ete. Sy gooi die room uit ‘n yslike groot houer. Ek het aangeneem hulle deel die room met die ander mense in die gemeenskap. Ek het my nagjapon neergesit en toe ek weer kyk het iemand dit geneem vir liefdadigheid.
• Vriendin se naam beteken “om krag te hê”
• Saam eet: gemeenskap van gelowiges
• Haastig: Dinge gaan vinnig gebeur- nie tyd om vir almal te sê nie.
• Rommel: dooie werke, vleeslik
• Vuil water: Nie suiwer Woord nie, of lewende water nie, nie Jesus nie.
• Brug: Jesus, die kruis, pad van die lewe, mensgemaakte struktuur of menslike poging
• Hout: deur die mens gemaak
• Kyk van bo: hemelse perspektief
• Neem sonder om te vra: steel, nie vrywillig gee nie.
• Vals godsdiens: poging om te mislei
• Brood en botterbroodjies: Die Woord, goeie geestelike kos
• Room: die beste, die Woord
• Nagjapon: slaap
[Ek gebruik “The divinity code of understanding your dreams and visions” deur Adam F. Thompson en Adrian Beale vir die uitlê van drome.]
My vriendin was vol krag en het die suiwer Woord en die beste gedeel. Sy was ‘n goeie voorbeeld van ‘n hoe ‘n Christen moet leef. Daar is meer as genoeg van die Woord om met almal te deel.
Menslike logika en planne stem nie ooreen met God se planne nie.
Ek glo te midde van al die chaos, wat vinnig oppad is, kan ons ‘n hemelse perspektief behou. ‘n Hemelse perspektief is nodig sodat ons nie mislei word nie.
Ons moenie vasklou aan vleeslike dinge nie; Jesus moet ons eerste liefde wees.
Tydelike dinge vergaan.
Die gemeenskap in die droom gee slegs die indruk dat dit goed is en daar is eenheid, maar dis sleg.
⁃ Jesus hou van blymoedige gewers.
⁃ Ons gee vrywillig en steel nie.
⁃ Vals godsdiens kan met die blote oog goed lyk.
⁃ Ware eenheid in Christus is nodig.
Christene kan nie aan die slaap wees in die tye waarin ons leef nie.
Ons benodig krag en onderskeidingsvermoë van Heilige Gees om in die chaos te oorleef.
“Toe antwoord hy en sê vir my: Dit is die woord van die Here aan Serubbábel, naamlik: Nie deur krag of deur geweld nie, maar deur my Gees, sê die Here van die leërskare.”
SAGARÍA 4:6 AFR53
Ek bid vir ‘n hemelse perspektief en onderskeidingsvermoë vir elkeen van ons.
DREAM ABOUT DISCEPTION
A friend came to visit and invited us for a meal at her house. I didn’t have time to tell my husband; I only mentioned it to one of my children. I thought that it would be an hour’s drive to her house, but then we walked to her house. We walked over a broken wooden bridge. In some places we stepped into the dirty water. There was a lot of garbage in the water. Even the side of the bridge where you hold onto was unstable. Our friends lived in a communal area. We looked down at an event on a well kept lawn with a beautiful nature scene as the backdrop. We thought it was a Christian event, but suddenly saw it was a false religious event. We left quickly. At the house we had sandwiches and scones to eat. My friend poured the cream from a huge container. There was enough cream to share with the people in the community. I put my dressing gown down and somebody placed it in the charity holder.
• My friend’s name means “to strengthen”.
• Eating together: fellowship
• No time: things are going to happen quickly
• Garbage: dead works, flesh
• Dirty water: not the pure or living Word, not Jesus
• Bridge: Jesus, the cross, path of life, manmade or human effort
• Wood: manmade
• Looking from above: heavenly perspective
• Take something without permission, steal, not given freely
• False religion: attempt to deceive
• Bread and scones: The Word, good spiritual food
• Cream: the best, the Word
• Night gown: sleep
[I use “The divinity code of understanding your dreams and visions” authored by Adam F. Thompson en Adrian Beale for the interpretation of dreams.]
My friend was full of strength and shared the pure Word and the best with us. She was a great example of how a Christian should live in the world. The Word never runs dry and it can be shared with everyone.
Our plans and logic differs from God’s ways.
In the midst of the fast approaching chaos it’s important to have a heavenly perspective. A heavenly perspective will prevent us from being deceived.
Jesus must be our first love; we shouldn’t hold on to temporary things.
Everything that is temporary will fall away.
The community in the dream looked good and united, but it wasn’t.
• Jesus wants cheerful givers.
• Nobody should force you to give or steal stuff for charity.
• False religion sometimes appears good.
• True unity in Christ is necessary.
Christians should be wide awake.
We need Holy Spirit discernment and strength to survive.
Zechariah 4:6 MEV
And he said to me: “This is the word of the LORD to Zerubbabel, saying: Not by might nor by power, but by My Spirit, says the LORD of Hosts.
I pray for discernment and a heavenly perspective for each of us.