DROOM OOR HUIS
- 2 minutes read - 224 wordsEk was by ‘n pastoor se huis. Ek kon nie die vertrek vind waar ek moet wees nie. Terwyl ek daarna soek ontdek ek toe dat daar ‘n tweede deel aan die huis is. Dit was weggesteek agter die voorste deel van die huis.
Pastoor: Jesus, herder, pastoor of leier
Huis: individuele persoon, kerk, bediening, besigheid
Voorkant: toekoms, wat jy eerste sien, oppervlakkige sig/voorkoms - nie in diepte nie (“shopfront”), leierskap
Ek glo alles wat skelm, in die geheim of in die donker gedoen word sal aan die lig kom. Mense wat ‘n dubbele lewe lei sal dit nie langer kan wegsteek nie. Regerings, kerke, besighede en individuele mense sal gesien word vir wie hulle werklik is.
“Want daar is niks verborge wat nie openbaar sal word nie, of weggesteek wat nie bekend sal word en in die lig sal kom nie.”
LUKAS 8:17 AFR53
“Vrees hulle dan nie; want daar is niks bedek wat nie ontdek sal word nie, en verborge wat nie bekend sal word nie.”
MATTHÉÜS 10:26 AFR53
Bid saam met my dat diegene wat dinge skelm en in die donker doen na Jesus sal draai voordat dit te laat is.
“Want dit is goed en aangenaam voor God, ons Verlosser, wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom.”
I TIMÓTHEÜS 2:3-4 AFR53