ENGELE
- 3 minutes read - 576 wordsGod het engele geskep en stuur hulle Aarde toe om ons te help. Engele is in diens van God. Die vyand wil altyd kom steel. Hou op om te dink en engele is “weird” of van die duiwel.
“Loof die Here, sy engele, kragtige helde wat sy woord volbring, in gehoorsaamheid aan die stem van sy woord! Loof die Here, al sy leërskare, sy dienaars wat sy welbehae doen!”
PSALMS 103:20-21 AFR53“want Hy sal sy engele aangaande jou bevel gee om jou te bewaar op al jou weë. Hulle sal jou op die hande dra, sodat jy jou voet teen geen klip stamp nie.”
PSALMS 91:11-12 AFR53
“En wanneer Hy weer die Eersgeborene in die wêreld inbring, sê Hy: En al die engele van God moet Hom aanbid. En van die engele sê Hy wel: Hy wat van sy boodskappers winde maak en van sy dienaars vuurvlamme;”
HEBREËRS 1:6-7 AFR53 (Psalms 104:4)
“En meteens staan daar 'n engel van die Here by hom, en 'n lig skyn in die gevangenis. Toe slaan hy Petrus op die sy, maak hom wakker en sê: Staan gou op! En die boeie het van sy hande afgeval.”
HANDELINGE 12:7 AFR53
“En toe die bedelaar sterf, is hy deur die engele weggedra na die boesem van Abraham.”
LUKAS 16:22 AFR53
Selfs Jesus het op Aarde engele gehad wat Hom dien en versterk. As Jesus kon bid en vra vir engele dan kan jy dit ook doen.
“Daarna het die duiwel Hom laat staan, en daar het engele gekom en Hom gedien.”
MATTHÉÜS 4:11 AFR53
“Of dink jy dat Ek nie nou my Vader kan bid en Hy vir My meer as twaalf legioene van engele beskikbaar sal stel nie?”
MATTHÉÜS 26:53 AFR53
“En 'n engel uit die hemel het aan Hom verskyn en Hom versterk.”
LUKAS 22:43 AFR53
Soms ervaar mense ‘n goddelike vrees wanneer hul engele sien. Ander kere besef mense nie hulle werk met engele nie, want soms lyk die engele soos mense.
“Toe verskyn daar aan hom 'n engel van die Here, wat aan die regterkant van die reukofferaltaar staan. En toe Sagaría hom sien, was hy ontsteld, en vrees het hom oorval.”
LUKAS 1:11-12 AFR53
“En meteens staan daar 'n engel van die Here by hulle, en die heerlikheid van die Here het rondom hulle geskyn en groot vrees het hulle oorweldig. En die engel sê vir hulle: Moenie vrees nie, want kyk, ek bring julle 'n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk sal wees,”
LUKAS 2:9-10 AFR53
“Maar hulle sê vir haar: Jy is van jou verstand af. Maar sy het volgehou dat dit so is. Daarop sê hulle: Dit is sy (Petrus) engel.”
HANDELINGE 12:15 AFR53
“Vergeet die gasvryheid nie, want daardeur het sommige, sonder om dit te weet, engele as gaste geherberg.”
HEBREËRS 13:2 AFR53
Christene aanbid God, die Vader, Seun en Heilige Gees. Ons aanbid nie engele nie, maar ons kan steeds van hulle hulp gebruik maak. God stuur engele om ons lewens makliker te maak.
“En dit is ek, Johannes, wat dit gesien en gehoor het; en toe ek dit gehoor en gesien het, het ek neergeval om te aanbid voor die voete van die engel wat my hierdie dinge getoon het. Toe sê hy vir my: Moenie! want ek is 'n mededienskneg van jou en van jou broeders, die profete, en van hulle wat die woorde van hierdie boek bewaar. Aanbid God.”
OPENBARING 22:8-9 AFR53