“GEE EN JY SAL ONTVANG” KULTUUR
Janine Forsyth
- 6 minutes read - 1077 wordsDaar is ‘n “gee en jy sal ontvang” kultuur in die kerk wat glad nie ooreenstem met God se Woord nie. Daar word vertel dat mense saad (geld) moet saai sodat hulle meer sal ontvang. Mense moet dus donasies maak met die verwagting dat God hulle sal seën omdat hulle gee. Ek glo wanneer jy met ‘n opregte hart gee het jy geen bymotiewe nie. Ons moet gee omdat ons gehoorsaam is aan God se Woord en die Heilige Gees. Mense misbruik Lukas 6 - gee en jy sal ontvang - om ander te manipuleer. Die vyand verdraai die waarheid effens en mense glo dit en word mislei.
Paulus het die mense aangeraai om vooraf geld weg te sit sodat ander hulle nie kan beïnvloed nie.
“Laat elkeen gee soos hy hom in sy hart voorneem, nie met droefheid of uit dwang nie, want God het 'n blymoedige gewer lief.”
II KORINTHIËRS 9:7 AFR53
Jesus het gesê ons maak skatte in die Hemel bymekaar wanneer ons vrygewig is.
“MOENIE vir julle skatte bymekaarmaak op die aarde, waar mot en roes verniel en waar diewe inbreek en steel nie; maar maak vir julle skatte bymekaar in die hemel, waar geen mot of roes verniel nie en waar diewe nie inbreek en steel nie; want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees.”
MATTHÉÜS 6:19-21 AFR53
Jesus het ook gesê ons moet God en Sy koninkryk soek en dan sal ons alles ontvang wat ons nodig het. Die vyand wil jou mislei sodat jy donasies maak in plaas daarvan om intimiteit met Jesus te soek. Dit laat ‘n mens dink aan Simon die towenaar wat God se gawes van die Heilige Gees wou koop - Handelinge 8:1-25. Dit is maklik om te sien dat Simon verkeerd is. Moenie dat mense jou mislei wanneer hulle vra vir donasies nie. Jy kan nie intimiteit met Jesus koop nie. Soek Jesus, wees altyd ‘n blymoedige gewer sonder om te verwag om iets terug te kry.
“Maar gee aan elkeen wat jou iets vra, en eis jou goed nie terug van hom wat dit neem nie. En soos julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, so moet julle ook aan hulle doen. En as julle dié liefhet wat vir julle liefhet, watter dank het julle? Want die sondaars het ook dié lief wat vir hulle liefhet. En as julle goed doen aan die wat aan julle goed doen, watter dank het julle? Want die sondaars doen ook dieselfde. En as julle leen aan dié van wie julle hoop om terug te ontvang, watter dank het julle? Want die sondaars leen ook aan die sondaars, om net soveel terug te ontvang. Maar julle moet jul vyande liefhê en goed doen en leen sonder om iets terug te verwag, en julle loon sal groot wees; en julle sal kinders van die Allerhoogste wees; want Hy self is goedertieren oor die ondankbares en slegtes. Wees dan barmhartig, soos julle Vader ook barmhartig is. Gee, en aan julle sal gegee word. 'n Goeie maat wat ingedruk en geskud en oorlopend is, sal hulle in jul skoot gee, want met dieselfde maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word.”
LUKAS 6:30-36, 38 AFR53
“Ek het julle in alles getoon dat ons deur so te arbei die swakkes moet help en die woorde van die Here Jesus moet onthou, dat Hy gesê het: Dit is saliger om te gee as om te ontvang.”
HANDELINGE 20:35 AFR53
“Daarom sê Ek vir julle: Moenie julle kwel oor jul lewe — wat julle sal eet en wat julle sal drink nie; of oor jul liggaam — wat julle sal aantrek nie. Is die lewe nie meer as die voedsel en die liggaam as die klere nie? Kyk na die voëls van die hemel; hulle saai nie en hulle maai nie en hulle bring nie bymekaar in skure nie, en tog voed julle hemelse Vader hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie? Wie tog onder julle kan, deur hom te kwel, een el by sy lengte voeg? En wat kwel julle jul oor klere? Let op die lelies van die veld, hoe hulle groei; hulle arbei nie en hulle spin nie; en Ek sê vir julle dat selfs Salomo in al sy heerlikheid nie bekleed was soos een van hulle nie. As God dan die gras van die veld, wat vandag daar is en môre in 'n oond gegooi word, so beklee, hoeveel te meer vir julle, kleingelowiges? Daarom moet julle jul nie kwel en sê: Wat sal ons eet, of wat sal ons drink, of wat sal ons aantrek nie? Want na al hierdie dinge soek die heidene; want julle hemelse Vader weet dat julle al hierdie dinge nodig het. Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word. Kwel julle dus nie oor môre nie, want môre sal hom oor sy eie dinge kwel. Elke dag het genoeg aan sy eie kwaad.”
MATTHÉÜS 6:25-34 AFR53
GIVING AND INTIMACY
Simon the sorcerer wanted to buy the gifts of Holy Spirit - Acts 8:1-25. It’s quite obvious that we can’t buy intimacy with Jesus. According to The Bible we should give with no expectation to receive. Don’t be deceived: God sees your heart and He will know when you only give with the expectation to receive. Don’t replace intimacy with giving. We are gathering treasures in Heaven when we give. We should wholeheartedly search Jesus and then we will receive whatever we need.
Matthew 6:33 MEV
But seek first the kingdom of God and His righteousness, and all these things shall be given to you.
2 Corinthians 9:7 MEV
Let every man give according to the purposes in his heart, not grudgingly or out of necessity, for God loves a cheerful giver.
Matthew 6:19-21 MEV
"Do not store up for yourselves treasures on earth where moth and rust destroy and where thieves break in and steal. [20] But store up for yourselves treasures in heaven, where neither moth nor rust destroy and where thieves do not break in nor steal, [21] for where your treasure is, there will your heart be also.
Acts 20:35 MEV
In all things I have shown you how, working like this, you must help the weak, remembering the words of the Lord Jesus, how He said, 'It is more blessed to give than to receive.' "