GELYKENIS VAN DIE LANDBOUERS
- 2 minutes read - 339 wordsLukas 20:9-18
Jesus het die gelykenis vertel van ‘n man (God) wat ‘n wingerd geplant (die wêreld) het en toe gaan reis het. Hy het die wingerd aan landbouers (mense op aarde) verhuur terwyl hy weg was. Na ‘n sekere tyd het hy ‘n dienskneg (profete, apostels, sendelinge) uitgestuur om van die vrugte by die landbouers te kry, maar hulle het die dienskneg geslaan en geweier om vir hom van die vrugte te gee. Die man het nog 2 keer ‘n dienskneg na hulle gestuur en dieselfde het gebeur. Toe stuur die man sy eie seun (Jesus) in die hoop dat die landbouers hom beter sal behandel. Die landbouers het hom doodgemaak. Die landbouers het gedink dat die man niks aan hulle sal doen nie.
“Hy sal kom en daardie landbouers ombring en die wingerd aan ander gee. En toe hulle dit hoor, sê hulle: Nee, stellig nie! Maar Hy het hulle aangekyk en gesê: Wat beteken dan hierdie Skrifwoord: die steen wat die bouers verwerp het, dit het 'n hoeksteen geword? Elkeen wat op dié steen val, sal verpletter word; maar elkeen op wie hy val, dié sal hy vermorsel.”
LUKAS 20:16-18 AFR53
“Everyone who falls in humility upon that stone will be broken. But if that stone falls on you, it will grind you to pieces!””
Luke 20:18 TPT
Jesus het hulle laat verstaan dat daar gevolge sal wees vir hulle aksies.
Vandag is daar steeds mense wat dink dat hulle kan doen net wat hulle wil en dat daar geen nagevolge is nie. Mense kan nie haat, onmin, selfsug saai en dan sê ek is ‘n Christen en dan verwag om die ewige lewe te ontvang nie. Wat ons saai gaan ons maai. Moenie onkundig soos die landbouers wees nie. Vra vergifnis en val in Jesus se arms sodat die steen jou nie vermorsel nie.
“Want dit is goed en aangenaam voor God, ons Verlosser, wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom.”
I TIMÓTHEÜS 2:3-4 AFR53