GEMEENSKAP
- 3 minutes read - 460 wordsDie laaste paar jaar het jou vertroue in die mens dalk ‘n ernstige knou gekry. Jy het besef jou regering, jou dokter, jou werkplek, jou bank of selfs jou vriende of kerk, dra nie jou belange op die hart nie. Die vyand floreer wanneer hy onenigheid kan bring. Hy wil jou isoleer. Van die begin af het God het die mens gemaak as ‘n paar. Adam en Eva het mekaar nodig gehad.
“Ook het die Here God gesê: Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom 'n hulp maak wat by hom pas.”
GÉNESIS 2:18 AFR53
Daarom het satan dadelik probeer om verdeeldheid te bring tussen Adam en Eva. Hy gebruik steeds dieselfde tegniek. God werk dikwels in families en in die gemeenskap. Die diere het ‘n pare in die ark ingegaan. Dawid het sy groep van 400 soldate gevind. Ons weet Elía het ‘n homself bejammer en gedink hy was die enigste profeet terwyl daar 100 profete versteek was. Die vyand gaan jou laat voel of jy alleen is selfs wanneer daar baie meer mense soos jy is. Selfs Jesus het 12 dissipels gehad wat in Sy binnekring was. Jesus het Sy volgelinge in pare uitgestuur. Paulus en Bárnabas het saam gereis. Die 120 was saam in die bo-vertrek toe die Heilige Gees uitgestort is.
“En deur die hande van die apostels het daar baie tekens en wonders onder die volk plaasgevind; en hulle was almal eendragtig saam in die pilaargang van Salomo.”
HANDELINGE 5:12 AFR53
“Weer sê Ek vir julle: As twee van julle saamstem op die aarde oor enige saak wat hulle mag vra, dit sal hulle ten deel val van my Vader wat in die hemele is. Want waar twee of drie in my Naam vergader, daar is Ek in hul midde.”
MATTHÉÜS 18:19-20 AFR53
Ons het nou die dag by die see gestap toe ek ‘n seeswael sien. Die volgende oomblik was daar twee en ek hoor God sê: “This is the year of the pair.”
Die stem van die vyand blêr slegte nuus en immoraliteit uit. Omring jou met mense wat God se waarheid bring. Ek voel God sê vind jou plek in die gemeenskap hierdie jaar. As jy ‘n introvert is maak seker jy het 2 of 3 goeie Christen vriende. Ons het nodig om mekaar aan te moedig. As jy die een is wat altyd almal aanmoedig vind iemand om jou aan te moedig. Daar is krag in saamwees.
“en laat ons op mekaar ag gee om tot liefde en goeie werke aan te spoor; en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, en dit des te meer namate julle die dag sien nader kom.”
HEBREËRS 10:24-25 AFR53