GENADE
Janine Forsyth
- 6 minutes read - 1244 words“Laat liefde en trou jou nie verlaat nie; bind dit om jou hals, skryf dit op die tafel van jou hart, dan sal jy genade vind en 'n goeie insig in die oë van God en die mense.”
SPREUKE 3:3-4 AFR53
Genade is suiwer liefde. Die Engelse Bybel gebruik die woorde “grace” en “mercy” vir genade. AFR53 vertaal die woord genade soms as barmhartigheid.
“MERCY”
Strong’s H2617: “hesed” - onfeilbare liefde, liefde, toewyding, vriendelikheid, goedheid, genade, dit verwys dikwels na ‘n verhouding of ‘n verbond.
G1653: “eleeo” - genade, om ‘n behoefte te voorsien, deernis, jammer te kry,
“GRACE”
Strong’s H2580: “hen” - guns, genade, vriendelikheid, aangenaam
G5485: “charis” - genade, guns, vriendelikheid, geskenk, vryheid
Die eerste verwysing na genade in die Bybel vind ons in Génesis 6. Noag het genade gevind by God en hy en sy familie kon die vloed oorleef.
“Maar Noag het genade gevind in die oë van die Here.”
GÉNESIS 6:8 AFR53
Later het Lot genade gevind in God se oë en hy en sy familie is gered toe Sodom en Gomorra verwoes is.
“Kyk tog, u kneg het genade in u oë gevind, en U het u guns groot gemaak wat U aan my bewys het deur my in die lewe te behou. Maar ek is nie in staat om na die gebergte te vlug sonder dat die onheil my inhaal en ek sterwe nie.”
GÉNESIS 19:19 AFR53
Die nommer 5 word beskou as die nommer van genade. Die eerste 5 boeke van die Bybel word die Torah (Hebreeus vir instruksies of wet) of Pentateuch (Grieks) genoem. God se genade het keer op keer die mensdom gered. God se genade het Josef gered en later kon sy hele familie die laaste 5 jaar van die hongersnood in Gosen woon.
“Want daar was nou twee jaar hongersnood in die land, en daar is nog vyf jaar waarin nie geploeg of geoes sal word nie.
En ek sal u daar onderhou, want daar sal nog vyf jaar hongersnood wees; sodat u nie verarm nie, u en u huis en alles wat aan u behoort.”
GÉNESIS 45:6, 11 AFR53
Jeremia het geweet dat God se genade nuut is elke oggend.
“Get. dit is die goedertierenhede van die Here dat ons nie omgekom het nie, want sy barmhartighede het geen einde nie; hulle is elke môre nuut; u trou is groot.”
KLAAGLIEDERE 3:22-23 AFR53
“Kyk, ons reken hulle geluksalig wat verdra. Julle het gehoor van die lydsaamheid van Job, en julle het die einddoel van die Here met hom gesien, dat die Here vol medelye en ontferming (genade) is.”
JAKOBUS 5:11 AFR53
“Want die Here God is 'n son en skild; die Here sal genade en eer gee; Hy sal die goeie nie onthou aan die wat in opregtheid wandel nie.”
PSALMS 84:12 AFR53
God se Gees en genade het die bou van die tweede tempel moontlik gemaak.
“Toe antwoord hy en sê vir my: Dit is die woord van die Here aan Serubbábel, naamlik: Nie deur krag of deur geweld nie, maar deur my Gees, sê die Here van die leërskare. Wie is jy, groot berg? Voor Serubbábel sal jy tot 'n gelykte word! En hy sal die sluitsteen te voorskyn bring onder uitroepe van: Genade, genade oor hom!”
SAGARÍA 4:6-7 AFR53
“As iemand die wet van Moses verwerp het, sterf hy sonder ontferming (genade) op die getuienis van twee of drie;”
HEBREËRS 10:28 AFR53
Die wet kon ons nie red nie. In die Nuwe Testament bring Jesus genade op genade. Die nommer 25 (5x5) verwys na genade op genade.
“JOHANNES getuig van Hom en roep en sê: Dit was Hy van wie ek gesê het: Hy wat ná my kom, het voor my geword, want Hy was eerder as ek. En uit sy volheid het ons almal ontvang, ja, genade op genade.”
JOHANNES 1:15-16 AFR53
Die mens kon nie die wet volledig onderhou nie. Jesus was die enigste Een wat die wet kon onderhou. Jesus het sondeloos aan die kruis gesterf en die dood en die vyand oorwin. Hy wil Sy oorwinning met die mensdom deel. Dit is ware liefde en genade.
“En die Kindjie het gegroei en sterk geword in die Gees en vol van wysheid. En die genade van God was op Hom.”
LUKAS 2:40 AFR53
“Maar toe die goedertierenheid van God, ons Verlosser, en sy liefde tot die mens verskyn het — nie op grond van die werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar na sy barmhartigheid het Hy ons gered deur die bad van die wedergeboorte en die vernuwing deur die Heilige Gees”
TITUS 3:4-5 AFR53
“GESEËND is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat na sy grote barmhartigheid (genade) ons die wedergeboorte geskenk het tot 'n lewende hoop deur die opstanding van Jesus Christus uit die dode,”
I PETRUS 1:3 AFR53
“julle wat vroeër geen volk was nie, maar nou die volk van God is; aan wie toe geen barmhartigheid bewys is nie, maar nou bewys is.”
I PETRUS 2:10 AFR53
“genade, barmhartigheid, vrede sal met julle wees van God die Vader en van die Here Jesus Christus, die Seun van die Vader, in waarheid en liefde.”
II JOHANNES 1:3 AFR53
“Maar julle, geliefdes, moet julleself opbou in jul allerheiligste geloof en in die Heilige Gees bid en julleself in die liefde van God bewaar, terwyl julle die barmhartigheid (genade) van onse Here Jesus Christus tot die ewige lewe verwag.”
JUDAS 1:20-21 AFR53
“Maar oor die huis van Dawid en oor die inwoners van Jerusalem sal Ek uitgiet die Gees van genade en smekinge; en hulle sal opsien na My vir wie hulle deurboor het, en hulle sal oor Hom rouklaag soos 'n mens rouklaag oor 'n enigste seun en bitterlik oor Hom ween soos 'n mens bitterlik ween oor 'n eersgebore kind.”
SAGARÍA 12:10 AFR53
Ware liefde en genade is belangriker as enige ritueel - Hosea 6:6, Matthéüs 12:1-8.
“Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle gee tiendes van kruisement en anys en koljander, en die swaarste van die wet laat julle ná: die reg en die barmhartigheid en die trou. Hierdie dinge behoort julle te doen sonder om die ander na te laat.”
MATTHÉÜS 23:23 AFR53
Die siekes het Jesus om genade gevra en Hy het hulle genees - Matthéüs 9:27, 12:7, 15:22, 17:15, 20:30-31.
Nou moet ons ook genade aan ons naaste betoon - Matthéüs 7:2.
“Want die oordeel sal onbarmhartig wees oor die wat geen barmhartigheid bewys het nie; en die barmhartigheid roem teen die oordeel.”
JAKOBUS 2:13 AFR53
“Maar die wysheid van bo is ten eerste rein, dan vredeliewend, vriendelik, geseglik, vol barmhartigheid (genade) en goeie vrugte, onpartydig en ongeveins.”
JAKOBUS 3:17 AFR53
“Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.”
HEBREËRS 4:16 AFR53
“Maar God, wat ryk is in barmhartigheid, het ons deur sy grote liefde waarmee Hy ons liefgehad het, ook toe ons dood was deur die misdade, lewend gemaak saam met Christus — uit genade is julle gered — en saam opgewek en saam laat sit in die hemele in Christus Jesus, sodat Hy in die eeue wat kom, kan betoon die uitnemende rykdom van sy genade in goedertierenheid oor ons in Christus Jesus. Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God;”
EFÉSIËRS 2:4-8 AFR53