GOD DINK NIE MEER AAN JOU SONDES NIE
- 2 minutes read - 270 words“Ek, Ek is dit wat jou oortredinge uitdelg om My ontwil, en aan jou sondes dink Ek nie.”
JESAJA 43:25 AFR53
Isaiah 43:25 TPT
I, yes I, am the One and Only, who completely erases your sins, never to be seen again. I will not remember them again. Freely I do this because of who I am!
Baie jare gelede het ek en ‘n vriendin saam met iemand op ‘n seiljag gaan vaar. Toe daar aan die seile gewerk word het die tou teen my vriendin se sonbril gestamp. Die een oomblik was die sonbril op my vriendin se gesig en die volgende oomblik het die sonbril onder die water verdwyn. Ons het die sonbril nooit weer gesien nie. Dit is wat gebeur wanneer ons vergifnis vra; jou sonde verdwyn asof jy dit nooit gedoen het nie. Jesus het daarvoor betaal en God dink nooit weer daaraan nie. Jy sal in die wêreld miskien steeds die gevolge dra van jou sondes, maar God het jou ten volle vergeef wanneer jy werklik berou het. Omdat Jesus ons vergewe moet ons ook ander mense vergewe.
“Want Ek sal barmhartig wees oor hulle ongeregtighede en aan hulle sondes en hulle oortredinge nooit meer dink nie.”
HEBREËRS 8:12 AFR53
“Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie.”
MATTHÉÜS 6:14-15 AFR53
“As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.”
I JOHANNES 1:9 AFR53