GOD EERSTE, DAN VRIENDE EN DOKTERS
- 2 minutes read - 239 words2 Kronieke 16
Ons leef in ‘n tyd waar ons baie besluite moet neem. Die storie van Koning Asa herinner my om altyd my oë eerstens op God te plaas. Koning Asa het oor Juda regeer en hy het ‘n probleem gehad met Baésa, die koning van Israel. In plaas daarvan om hulp by God te vra het hy hulp gevra by die heidinse koning van Aram.
“want die Here — sy oë deurloop die hele aarde om diegene kragtig te steun wie se hart onverdeeld op Hom gerig is; hierin het u dwaas gehandel, want van nou af sal daar oorloë teen u wees.”
II KRONIEKE 16:9 AFR53
Asa moes nou maai wat hy gesaai het. Asa was woedend oor die profeet wat bogenoemde woord gebring het en het hom in die tronk gegooi.
“En in die negen-en-dertigste jaar van sy regering het Asa gely aan sy voete; sy siekte was baie ernstig; maar selfs in sy siekte het hy die Here nie geraadpleeg nie, maar die geneeshere. En Asa het ontslaap met sy vaders en gesterwe in die een-en-veertigste jaar van sy regering.”
II KRONIEKE 16:12-13 AFR53
Ons moet leer om nie dieselfde fout as Asa te maak nie. Maak tyd en sit by Jesus voordat jy besluite neem. Asa het die vrede in sy land verloor en het later sy lewe verloor. Plaas God eerste en laat die Heilige Gees jou lei in jou besluite.