GOD HET ONS UNIEK GEMAAK
Janine Forsyth
- 2 minutes read - 365 wordsPaulus moedig mense aan om nie te trou nie, want dan kan hulle al hul aandag op Jesus plaas. Hy wens dat alle mense soos hy was, maar weet ook dat God verskillende genadegawes aan mense gegee het. Ons is almal uniek. Almal het gewoonlik een of meer gawes wat natuurlik kom. Sommige mense is goeie leiers, terwyl ander maklik vriende maak, ander sien die toekoms en ander (soos Paulus) kan ongetroud bly. Voor jy mense kritiseer leer eers meer oor die geestelike gawes en genadegawes.
“Want ek wens dat alle mense soos ek was; maar elkeen het sy eie genadegawe van God, die een so en die ander weer anders.”
I KORINTHIËRS 7:7 AFR53
“Maar elkeen moet wandel net soos God hom dit toebedeel het, soos die Here elkeen geroep het. En so bepaal ek in al die gemeentes.”
I KORINTHIËRS 7:17 AFR53
“Daar is wel verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees;”
I KORINTHIËRS 12:4
NEGE GEESTELIKE GAWES
- Woord van wysheid
- Woord van kennis
- Geloof
- Gawe van gesondmaking
- Wonderwerke
- Profesie
- Onderskeiding van geeste (discernment)
- Praat in allerhande tale
- Uitleg van tale
“Want aan die een word deur die Gees 'n woord van wysheid gegee, en aan die ander 'n woord van kennis vanweë dieselfde Gees; aan 'n ander weer geloof deur dieselfde Gees, en aan 'n ander genadegawes van gesondmaking deur dieselfde Gees; aan 'n ander werkinge van kragte, aan 'n ander profesie, aan 'n ander onderskeiding van die geeste, aan 'n ander allerhande tale, aan 'n ander uitleg van tale. Maar al hierdie dinge werk een en dieselfde Gees wat aan elkeen afsonderlik uitdeel soos Hy wil.”
I KORINTHIËRS 12:8-11 AFR53
SEWE GENADEGAWES (Die Engels is makliker om te verstaan)
- Profeet
- Bediener (servant)
- Leraar (teacher)
- Vermaner (exhorter)
- Gewer (giver)
- Voorganger (ruler)
- Barmhartige (mercy)
“En ons besit genadegawes wat verskil volgens die genade wat aan ons gegee is: is dit profesie, na die maat van die geloof; of bediening, in die werk van bediening; of wie leer, in die lering; of wie vermaan, in die vermaning; wie uitdeel, in opregtheid; wie 'n voorganger is, met ywer; wie barmhartigheid bewys, met blymoedigheid.”
ROMEINE 12:6-8 AFR53