God het reeds ‘n oplossing
- 2 minutes read - 334 wordsOns beleef ‘n moeilike tyd waar ons onderdruk word deur regerings, groot maatskappye en ryk mense. Hierdie mense dink dat hulle geld hulle in die posisie plaas om ander te beheer. Die hele Bybel is vol hiervan. Dis dus niks nuuts vir God nie. As Christene is slegs die Heilige Gees in beheer van ons lewens.
“Waarom sou ek vrees in dae van onheil, as die ongeregtigheid van my onderkruipers my omring — die wat vertrou op hulle vermoë en hulle beroem op die grootheid van hulle rykdom? Maar die mens wat in aansien is, hou nie stand nie; hy is soos die diere wat vergaan. Dit is die weg van die wat op hulleself vertrou, en van hulle volgelinge wat in hul woorde 'n behae het. Sela. Maar God sal my siel loskoop van die mag van die doderyk, want Hy sal my opneem. Sela. Wees nie bevrees as 'n man ryk word, as die rykdom van sy huis groot word nie; Die mens wat in aansien is en geen verstand het nie, is soos die diere wat vergaan.”
PSALMS 49:6-7, 13-14, 16-17, 21 AFR53
God sien alles raak. Moenie nou stilsit nie. Gebruik hierdie moeilike tyd om geestelik te groei en om jou roeping te vind. Bid vir die wat God nog nie ken nie.
“STAAN op, word verlig; want jou lig kom, en die heerlikheid van die Here gaan oor jou op. Want kyk, die duisternis sal die aarde oordek en donkerheid die volke; maar oor jóú sal die Here opgaan, en sy heerlikheid sal oor jou gesien word.”
JESAJA 60:1-2 AFR53
“IN die eerste plek vermaan ek dan dat smekinge, gebede, voorbedes, danksegginge gedoen moet word vir alle mense; vir konings en almal wat hooggeplaas is, sodat ons 'n rustige en stil lewe kan lei in alle godsvrug en waardigheid. Want dit is goed en aangenaam voor God, ons Verlosser, wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom.”
I TIMÓTHEÜS 2:1-4 AFR53