GOD SE WOORD BRING GENESING
Janine Forsyth
- 4 minutes read - 695 words“Loof die Here, sy engele, kragtige helde wat sy woord volbring, in gehoorsaamheid aan die stem van sy woord!”
PSALMS 103:20 AFR53
“maar sy behae is in die wet van die Here, en hy oordink sy wet dag en nag. En hy sal wees soos 'n boom wat geplant is by waterstrome, wat sy vrugte gee op sy tyd en waarvan die blare nie verwelk nie; en alles wat hy doen, voer hy voorspoedig uit.”
PSALMS 1:2-3 AFR53
Daar is mediese dokters wat verse uit die Psalms as “bestraling” gebruik en pasiente word genees. Die dokters gebruik o.a. Psalms 23, 51, 91, 103, 118 en 139, maar daar is baie meer verse wat jy kan herhaal. Kenneth Hagin het ook die metode gevolg. Heilige Gees sal jou aandag plaas op die verse wat vir jou genesing sal bring. Jesus is die Woord en daar is krag in Sy Naam. Die Woord is ook die swaard wat die werke van die vyand vernietig. Jesus het die Woord gebruik om satan te antwoord toe hy Hom versoek het in die woestyn. In reaksie op Jesus se woorde het engele gekom om Jesus te versterk - Matthéüs 4:1-11.
“Hy verkwik my siel; Hy lei my in die spore van geregtigheid, om sy Naam ontwil. Al gaan ek ook in 'n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf dié vertroos my. Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die Here bly in lengte van dae.”
PSALMS 23:3-4, 6 AFR53
“Ontsondig my met hisop, dat ek kan rein wees; was my, dat ek witter kan wees as sneeu. Skep vir my 'n rein hart, o God, en gee opnuut in die binneste van my 'n vaste gees. Verwerp my nie van u aangesig nie en neem u Heilige Gees nie van my weg nie. Die offers van God is 'n gebroke gees; 'n gebroke en verslae hart sal U, o God, nie verag nie!”
PSALMS 51:9, 12-13, 19 AFR53
“HY wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit, sal vernag in die skaduwee van die Almagtige. Ek sal tot die Here sê: My toevlug en my bergvesting, my God op wie ek vertrou. Want Hy is dit wat jou sal red uit die net van die voëlvanger, van die verderflike pes. Hy sal jou dek met sy vlerke, en onder sy vleuels sal jy skuil; sy trou is 'n skild en pantser. Jy hoef nie te vrees vir die skrik van die nag, vir die pyl wat bedags vlieg nie, vir die pes wat in die donker wandel, vir die siekte wat op die middag verwoes nie! Al val daar duisend aan jou sy en tienduisend aan jou regterhand — na jou sal dit nie aankom nie. Net met jou oë sal jy dit aanskou en die vergelding van die goddelose sien. Want U, Here, is my toevlug. Die Allerhoogste het jy jou beskutting gemaak. Geen onheil sal jou tref en geen plaag naby jou tent kom nie; want Hy sal sy engele aangaande jou bevel gee om jou te bewaar op al jou weë. Hulle sal jou op die hande dra, sodat jy jou voet teen geen klip stamp nie. Met lengte van dae sal Ek hom versadig, en Ek sal hom my heil laat sien.”
PSALMS 91:1-12, 16 AFR53
“Wat al jou ongeregtigheid vergewe, wat al jou krankhede genees, wat jou lewe verlos van die verderf, wat jou kroon met goedertierenheid en barmhartighede, wat jou siel versadig met die goeie, sodat jou jeug weer nuut word soos dié van 'n arend.”
PSALMS 103:3-5 AFR53
“Ek sal nie sterwe nie, maar lewe en die werke van die Here vertel. Ek wil U loof, omdat U my verhoor het en my tot heil geword het. Die steen wat die bouers verwerp het, het 'n hoeksteen geword.”
PSALMS 118:17, 21-22 AFR53
“Deurgrond my, o God, en ken my hart; toets my en ken my gedagtes; en kyk of daar by my 'n weg is van smart, en lei my op die ewige weg!”
PSALMS 139:23-24 AFR53