God wil hê dat alle mense gered word
- 2 minutes read - 313 wordsOns sien soveel ongeregtigheid (sonde) elke dag om ons dat dit belangrik is om te weet dat God elke mens wil red. Dis oestyd en God is besig om ‘n skeiding te bring tussen die skape en bokke (Matthéüs 25:31-46), asook die onkruid en die koring (Matthéüs 13:24-30). Hel was gemaak vir satan en sy demone (Matthéüs 25:41). As Christene moet ons die hart van God ken en bid dat alle mense gered word.
“Het Ek dan miskien 'n behae in die dood van die goddelose? spreek die Here Here. Nie liewer daarin dat hy hom bekeer van sy weë en lewe nie?”
ESÉGIËL 18:23 AFR53
“Sê vir hulle: So waar as Ek leef, spreek die Here Here, gewis, Ek het geen behae in die dood van die goddelose nie, maar daarin dat die goddelose hom bekeer van sy weg en lewe. Bekeer julle, bekeer julle van jul verkeerde weë! Waarom tog wil julle sterwe, o huis van Israel?”
ESÉGIËL 33:11 AFR53
“IN die eerste plek vermaan ek dan dat smekinge, gebede, voorbedes, danksegginge gedoen moet word vir alle mense; vir konings en almal wat hooggeplaas is, sodat ons 'n rustige en stil lewe kan lei in alle godsvrug en waardigheid. Want dit is goed en aangenaam voor God, ons Verlosser, wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom. Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus, wat Homself gegee het as 'n losprys vir almal, as die getuienis op die regte tyd, waartoe ek aangestel is as 'n prediker en apostel — ek sê die waarheid in Christus, ek lieg nie — 'n leraar van die heidene in geloof en waarheid. Ek wil dan hê dat die manne op elke plek moet bid en heilige hande ophef sonder toorn en twis.”
I TIMÓTHEÜS 2:1-8 AFR53