Handelinge 14
- 2 minutes read - 325 wordsPaul en Bárnabas het na verskeie plekke gegaan. Mense is genees en daarom het baie ander tot bekering gekom. In Listre het Jesus hulle gebruik om ‘n man wat van geboorte af kreupel was, te genees. Die mense het egter gedink dat Paulus en Bárnabas gode was. Die mense het vals gode die eer gegee wat Jesus toekom. Hulle kon nie soos in ander stede raaksien dat Jesus genesing bring nie. Daar moes ‘n sterk demoniese gees gewees het wat verhoed het dat hulle die waarheid sien. Ons sien vandag hoe die waarheid verdraai word. Goed word sleg genoem en sleg word goed genoem omdat mense blind is en die waarheid nie raaksien nie.
“Wee hulle wat sleg goed noem en goed sleg, wat die duisternis lig maak en die lig duisternis, wat bitter soet maak en soet bitter. Wee hulle wat in eie oë wys en na eie oordeel verstandig is. Wee hulle wat helde is om wyn te drink en wakker manne om sterk drank te meng; wat vir 'n omkoopgeskenk die skuldige regverdig verklaar en die reg van die regverdige hom ontneem.”
JESAJA 5:20-23 AFR53
Dieselfde demoniese geeste veroorsaak steeds dat mense mislei word.
Listre - G3082 - “ransoming” - losprysing - Jesus het die losprys betaal, maar die mense was mislei/verblind en kon dit nie raaksien nie.
Jesus waarsku 2 keer in Matthéüs 24 dat ons nie mislei moet word in die eindtyd nie. Skille het van Saulus se oë afgeval en Paulus kon Jesus aanneem - Handelinge 9. Dawid het gevra dat God sy hart deursoek.
“Deurgrond my, o God, en ken my hart; toets my en ken my gedagtes; en kyk of daar by my 'n weg is van smart, en lei my op die ewige weg!”
PSALMS 139:23-24 AFR53
Ons kan met die Heilige Gees ons harte deursoek vir “blindekolle” en ons kan bid teen die demoniese magte wat ander verhoed om die Waarheid (Jesus) raak te sien.