HELEL
- 2 minutes read - 263 wordsHelel was vertaal na die Latynse Lucifer wat “helder skynende een” beteken. Daar word geglo dat Helel verander is na Lucifer in 405 nC toe Jerome die Bybel in Latyn vertaal het. Let op dat al die engele (Michael, Gabriël) in die Bybel eindig met - El (Elohim - God). Selfs die land Israel eindig met -El. Helel is dus die oorspronklike naam vir satan en nie Lucifer nie. Ek glo dit was God se wil, want na satan se val het Hy niks meer van God in hom gehad nie. Hy is sedertien ‘n vals engel van die lig.
Helel was die loof en prys engel, maar hy was hoogmoedig en wou self god wees (Eségiël 28, Jesaja 14). Helel is afgelei van die Hebreeuse “halal” wat beteken om te skyn of loof en “yahal” wat beteken om te huil of “lament”. ‘n Groep “watchers” (die engele wat moes waarneem wat op die Aarde gebeur) het geval en is gelei deur Azazel, wat ook eindig met -El.
“Hoe het jy uit die hemel geval, o môrester, seun van die dageraad! Hoe lê jy teen die aarde neergeslaan, oorweldiger van die nasies!”
JESAJA 14:12 AFR53
“How art thou fallen from heaven, O Lucifer, son of the morning! how art thou cut down to the ground, which didst weaken the nations!”
Isaiah 14:12 KJV
“How have you fallen from heaven, O light-bringer and daystar, son of the morning! How you have been cut down to the ground, you who weakened and laid low the nations [O blasphemous, satanic king of Babylon!]”
Isaiah 14:12 AMPC