HENOG
Janine Forsyth
- 4 minutes read - 687 wordsHenog (Enoch) - Strong’s H2585 - toegwyd (“dedicated”)
Ons weet nie veel van Henog nie. Jered (neerdaal - engele het neergedaal in die tyd) was Henog se Vader. Metúsalag (man van die pyl {“dart”}) was Henog se seun en ook die oudste mens (969). Metúsalag het net voor die vloed gesterf.
Henog was toegewyd aan God en is weggeraap toe hy 365 jaar oud was. Henog is in Jesus se geslagsregister (Maria) en was die sewende geslag van Adam af. Henog se profesie dat God sondige mense sal oordeel is bewaarheid met die vloed. Ek glo Henog is ‘n skaduwee van toegewyde Christene wat weggeraap sal word voordat die tribulasie begin. Dit sal weer wees soos in die dae van Noag wanneer Jesus kom.
“Toe Henog vyf-en-sestig jaar oud was, het hy die vader van Metúsalag geword. En Henog het ná die geboorte van Metúsalag nog driehonderd jaar met God gewandel. En hy het seuns en dogters gehad. So was dan al die dae van Henog driehonderd-vyf-en-sestig jaar. En Henog het met God gewandel; en hy was daar nie meer nie, want God het hom weggeneem.”
GÉNESIS 5:21-24 AFR53
“die seun van Kainan, die seun van Arpágsad, die seun van Sem, die seun van Noag, die seun van Lameg, die seun van Metúsala, die seun van Henog, die seun van Jered, die seun van Mehaláleël, die seun van Kenan, die seun van Enos, die seun van Set, die seun van Adam, die seun van God.”
LUKAS 3:36-38 AFR53
“Deur die geloof is Henog weggeneem om die dood nie te sien nie; en hy is nie gevind nie, omdat God hom weggeneem het; want voor sy wegneming het hy getuienis ontvang dat hy God behaag het.”
HEBREËRS 11:5 AFR53
“En Henog, die sewende van Adam af, het ook teen hulle geprofeteer en gesê: Kyk, die Here het gekom met sy heilige tienduisendtalle, om gerig te hou oor almal en al die goddelose mense onder hulle te straf oor al hulle goddelose werke wat hulle goddelooslik gedoen het, en oor al die harde woorde wat die goddelose sondaars teen Hom gespreek het. Hulle is murmureerders wat oor hul lot klae, en volgens hulle begeerlikhede wandel; en hulle mond spreek trotse woorde, terwyl hulle mense vlei ter wille van voordeel.”
JUDAS 1:14-16 AFR53
“MAAR van dié dag en dié uur weet niemand nie, ook die engele van die hemele nie, maar net my Vader alleen. En net soos die dae van Noag was, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees. Want net soos hulle was in die dae voor die sondvloed toe hulle geëet en gedrink het, getrou en in die huwelik uitgegee het, tot op die dag dat Noag in die ark gegaan het, en dit nie verstaan het voordat die sondvloed gekom en almal weggevoer het nie, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees. Dan sal daar twee op die land wees; die een word aangeneem en die ander word verlaat. Twee vroue sal by die meul maal; die een word aangeneem en die ander word verlaat. Waak dan, omdat julle nie weet watter uur julle Here kom nie. Maar weet dit: as die huisheer geweet het in watter nagwaak die dief sou kom, sou hy gewaak en nie toegelaat het dat in sy huis ingebreek word nie. Daarom moet julle ook gereed wees, want die Seun van die mens kom op 'n uur dat julle dit nie verwag nie.”
MATTHÉÜS 24:36-44 AFR53
TYDLYN:
460 - Jered (6 de geslag)
622 - Henog (7e)
687 - Metúsalag word gebore (8e)
874 - Lameg (9e)
930 - Adam sterf: 930
987 - Henog was 365 toe hy Hemel toe is.
1042 - Set sterf: 912
1056 - Noag (10e)
1140 - Enos sterf: 905
1235 - Kenan sterf: 910
1290 - Mahalálel sterf: 895
1422 - Jered sterf: 962
1556/1558- Sem (11e)
1651 - Lameg sterf: 777
1656 - Metúsalag sterf toe hy 969 is.
- Die vloed, net Noag (600) en sy familie oorleef.